Sleutelwoorde

,

Loop ons nou die dag, in ons splinternuwe supermark, hierdie ribbetjie raak. Cabra, of te wel bok. Volgens ons ondervinding hier, smaak bok, meer na skaap, waaraan ons in SA, gewoond was. Glo die bosse van die Chaco, so sê die plakker, waar hy vandaan kom, het daarmee te doen. Effe min vet. Is mos nou nie meer ‘n sonde, die lekker vet nie.. Dink ek aan die soutribbetjie, van destyds. Daardie wat ouma uit die “safe” gehaal het. Wie ken nog daardie smaak? Uniek. Lusern, was volop, altyd ‘n paar ou ooie, wat gevoer was. Lekker dik spek laag. Hierdie een, groot genoeg vir ons drie en dalk vir ‘n gas of wat.

rib 2rib 1

Ek het gesê, die vleis kom uit die Chaco, die westelike veeproduserende gedeelte van die land. Die groot woord deesdae, is naspeurbaarheid. Alle vleis wat verpak word, het die plakker met die streepkodes op. Sou daar ‘n probleem met die vleis wees, is al die besonderhede daar. Produsent en die paadjie wat die vleis geloop het. Dit het gekom met dié, dat Paraguay, deesdae ‘n groot uitvoerder van vleis is en dat die Europese Unie dit verlang. Wat vir ons vreemd is, is dat die liesflap, so saam met die rib, verkoop word. Terloops, die prys vir die rib, is ongeveer 5 US$.

rib 5

rib 4

Verlede Sondag, reënerig, besluit ons, dit is die dag vir die ribbetjie, sonder gaste. Net so twee derdes van hom, kry die regte behandeling, soos ons daarvan hou. Nie op die braaivleisvuur, soos ons Sondag tradisie is nie, maar sommer in die oond.

Lippe, word behoorlik afgelek, soos die reuk, uit die oond, ontsnap. Skaap is nie onverkrygbaar hier nie, effe duur en soms aan die taai kant. Groot is die afwagting, toe hy op die tafel land. Groot, die teleurstelling, smaak baie lekker, maar taaai. Dankbaar, geen gaste nie. Die res, het later in die drukpot beland en lekker sag gekook. rib 3

Nou wonder ek oor hierdie taaiheid? Is dit nie maar Prediker 12: 1 – 7 se filosofiese gedagtes, wat waar word nie. Die malers wat ophou maal, omdat hulle te min én te stomp, geword het nie.

Hasta la proxima