Sleutelwoorde

,

Dit gons die afgelope paar dae in die media en veral, is dit in of op, die sosiale media, oor ‘n besondere plant. Yacaré Yrupe is die naam in die volksmond, Guarani, dit beteken die krokodil (kaaiman in Suid-Amerika) se waterbord. Die, amper wil ek die woord majestueuse plant, tot 1,5 meter in deursnee, gebruik, se se veronderstelde medisinale waarde, is besig dat dit op verskeie plekke, waar dit voorkom, gestroop word. Ten spyte van die feit, dat hulle beskermd is.

waterplant 4

waterplant 1

Victoria  cruziana, ‘n tropiese waterlelie, floreer in baie stadig vloeiende, goeie kwaliteit varswater, ten minste een meter diep. Dit is inheems aan Paraguay en Argentinië. In die areas, waar hierdie pragtige waterplante voorkom, is die tradisie van die omgewing se mense, om toeskouers met roeibote na die plante te neem om te aanskou. Die bewoners van die omgewing, reken dat die plante elke vierde jaar hulle verskyning maak, hierdie jaar, het hulle in baie groter getalle as normaal, hulle gesigte kom wys. Dit het ‘n ongekende toestroming van nuuskieriges veroorsaak, wat gelei het tot skade aan hulle omgewing.

waterplant 3

waterplant 7

Die tradisie en geloof, wil dit he, dat die plant, baie goed is vir die verligting van asemhalingsprobleme. Die blaar bevat ‘n vloeistof, wat in ‘n mengsel van heuning en bloekomolie, die groot heler van asma en hoes is. Die algemene gevoel is, dat SEAM (die Ministerie van Omgewingsake), hulle plig versuim, om die stroping van die plante te voorkom en sommige, verlang selfs dat die vervoer van toeriste, in die roeibootjies verbied moet word. SEAM en die Vervolgingsgesag, het nou begin om mense, wat veral op Facebook, met groot vertoon, hulle gebuite plante ten toonstel, te vervolg. Hulle, kan ‘n stewige boete,tot 20 000 US $, opgelê word.  Of dit, die gewenste uitwerking sal he, sal die toekoms leer.

waterplant 5

waterplant 6

waterplant 2

Hopelik, sal die plant, nog vir baie jare, daar wees, vir almal om te bewonder.

Hasta la proxima.

Fotos, van Google gesteel.

https://www.youtube.com/watch?v=_lS2Cq9EJBE