Sleutelwoorde

Iewers in my voorgeslagte, was daar ‘n ouma, wat glo gesê het, oor die Kersgety, kan mens koek eet vir ontbyt. Ek bewonder, daardie ouma, vir haar bedagsaamheid. Ek het al geskryf, oor die groot verskeidenheid soetigheid, wat die Brasiliane, op hul ontbyttafels het. Dalk het daardie ouma, Portugese bloed in haar are gehad? Hoe sal ons tog nou weet, maar as die houers met Pan Dulce of te wel, soet brood op die winkelrakke verskyn, dan weet ons dat die jaar alweer op sy rug lê en dat Kersfees om die draai is.

pan d2

DSCN4675

Pan Dulce is die tradisionele soetgereg, hierdie tyd van die jaar.  Google maar, daar is hordes resepte. So ‘n Liggewig vrugtekoek. Ons baasbakstervriendin, Susan, bak die beste, maar dié het darem meer bestanddele as die normale. Haar resep, is as volg:  3 kg broodmeel, 350 gram botter.  Klits saam 350 gram eiers, 850 gram wit suiker, 10 gram fyn sout, 60 gram vanilla geursel, 60 gram panetone geursel,(dit is ‘n italiaanse geursel vir die spesifieke brode) 60 gram amandel geursel, 30 ml rum,+- 1 liter kraanwater, 300 gram vars suurdeeg, 850 gram geglasuurde vrugte, 500 gram pitlose rosyne, 200 gram fyn amandels en 200 gram fyn pekaneut. Hierdie is natuurlik ‘n grootmaat resep, volgens haar, lewer dit ongeveer 15 brode, van ongeveer 500 gram elk.

DSCN4671

pan d1

Susan se pan dulce, duidelik, met meer vrugte.

Ons sal, soos ons nou al daaraan gewoond is, ons Pan Dulce weer die Kersfees geniet, nié tradisionele Suid-Afrikaanse vrugtekoek nie. Volgens die vrouens, dit is nou die SA vrouens, kan jy nie ‘n ordentlike vrugtekoek sonder dadels bak nie en dadels is baie skaars hier. Vir my, ‘n gawe plaasvervanger, effe droog, maar met bietjie melk, daaroor geskink, baie lekker.

Met die regte behandeling, natuurlik ook net reg vir ‘n baie smaaklike koekstruif, beter bekend met sy goeie Afrikaanse naam, as trifle. Ja, ek het vanoggend, my pan dulce, vir ontbyt gehad. Hoop almal het ‘n besondere Kersfees gehad en dat 2018, baie mooi dinge, vir ‘n ieder elk sal inhou.

Hasta la proxima.