Sleutelwoorde

Ongelukkig, was die eienaar, Davi, nie daar nie. In Brasilië, is dit so, dat baie mense, net bekend is, op hul name, asof hulle geen van, het nie. Al die werkers, is bedrywig. Elkeen besig met sy taak. Duur ‘n rukkie, voor een my raaksien, sy masker afhaal en vra waarmee, kan hy my help. Ek wil graag die eienaar spreek, hy is nie hier nie, maar waarmee kan ek help? Samuel, is hy.

DSCN4572

DSCN4554

DSCN4580

Aluminium, is deel van vandag se afval en besoedelingsprobleem en kan maklik herwin en weer gebruik word. Miljoene koeldrank- en bierblikkies, ontsier die heelal. Die smeltery van Davi, is nou ‘n plek waar daardie afval, weer nuttig gemaak word. Blink, potte, panne, kastrolle, ketels, braaiers, braaibehore, soplepels en wat ookal, van aluminium, gemaak.

DSCN4556

DSCN4561

1500 kg word per maand verwerk. 140 kg word na ‘n uur en half, vloeibaar in die  smeltpot. Gas en ‘n stewige waaier, sorg vir die nodige hitte, tussen 300ºC en 480ºC smelt dit en word dan met groot “sop” lepels in die gietvorms geskink. Daardie gietvorms, bestaan uit 2 dele. Beide, gevul met ‘n spesiale sand. Die onderste helfte bv, bevat die onderste oppervlak, van die deksel, soos op die foto’s, die boonste gedeelte, die oppervlak van die boonste deel van die deksel. Hierdie werk, moet baie noukeurig gedoen word, sodat die spasie tussen die twee net reg is om die dikte van die deksel te vorm. ‘n Gaatjie word in die boonste gedeelte gelos, daarop word ‘n deksel geplaas, om te voorkom dat enige ongewenste materiaal daar in val en sodra die vloeibare aluminium gereed is, word dit  versigtig geskink. Na, ongeveer 10 minute het die vloeistof, gestol en kan die sand verwyder word. Daarna, volg die  proses, om al die oortollige materiaal te verwyder en moet dit gepoleer word.

DSCN4576

DSCN4567

DSCN4566

DSCN4578

Die manne, is duidelik, trots op hulle werk.  Harde werk.  Die besigheid, bestaan immers al, 24 jaar.

Hasta la proxima