Sleutelwoorde

,

Ek wil skryf oor die lekker reis wat ons gehad het.  Oor die mooi dinge wat ons gesien het,  maar my hart is swart, nee ek wil nie aan daardie kleur dink nie. Kom ons sê, my hart is swaar en donker, as ek lees van al die jongste moorde en mishandelings. Herinnerings, aan soortgelyke gevalle, wat ek beleef het, van vriende en bekendes. Die wete, dat dit ‘n beplande terroriste oorlog is, wat gevoer word, maar die ontkennings, dat dit normale misdaad is. Dat mense nie die verskil kan sien nie?  Genoeg, daarvan.

serra 2

serra 1

serrra 3

Ons het by die vorige reis, die pas, Serra do Rio do Rastro, wat op ons droomlys was, gery. Toe was dit baie mistig en,  behalwe, die kronkelpad, was ons nie eers bewus van die hoogtes nie. Dalk beter vir iemand, wat redelike ernstige hoogtevrees onderlede het. Gehoop, die keer, sal dit ‘n mooi, skoon dag wees, toe nou nie. Weer dieselfde storie. Skynbaar, is sulke dae, maar redelik skaars. Steeds, ‘n belewenis, wat die adrenalien, veral van die bestuurder, redelik op ‘n hoë vlak hou.

serra 4

serra 5

Met ons vertrek, by Treze Tilias, was dit ‘n mooi, skoon oop oggend. Nader, aan die pas, het ons die miswolke gesien,  kort voor die pas, was die sig, soms nie verder as 30 – 40 meter nie. Spoed, maar baie  stadig. 8 km en 256 draaie, voor ons. Die medepassasiers, maar redelik stil. Die vrou van die huis, kon darem ‘n video of twee maak.  Soos ons gedaal het, het die mis gelig. Geleë, tussen die munisipaliteite, Bom Jardin do Serra en Lauro Muller. Ek het foto’s van Google gesteel, om die uitleg en natuurskoon te wys.

serra 6

https://www.facebook.com/martie.dejager1/videos/1455081044568397/

Die adrenalien opwelling, maak nogal, dat ek hom graag weer en weer sal wil ry.

Hasta la proxima

Advertisements