Sleutelwoorde

Dertien Lindebome, dit is nou ‘n snaakse naam, vir ‘n dorp. Dreizehn Linden, Thirteen Lindens, Treze Tilias, in Portugees. 1933, dertien  Oktober, is hierdie dorp gestig, deur ‘n groep Oosenrykse immigtante, van die Tiroolstreek. Die staat , Santa Catharina, Brasilië. Die tipiese Oostenrykse boustyl, word steeds onderhou, wat die ‘n aangename plaasvervanger maak, vir ons wat nie die Ware Jakob in Europa, kan besoek nie.

I pad oom Danie 817

oom danie se kamera 051

DSCN1052

I pad oom Danie 834

Die vraag is, moet  ons meer en meer vir die kinders los, of kan ons maar iets daarvan geniet? Met verantwoordelikheid, natuurlik en terwyl ons nog die krag en die gesondheid het, om te toer. ‘n Ruk terug, het ek en die vrou van die huis, besluit om so ‘n biejie meer van die kinders se  erfgeld te gebruik en meer van die besienswaardighede, van hierdie kontinent te besoek. Hierdie, was een van ons eerste probeerslae, nou het ons dit weer gedoen, die keer, saam met goeie vriende.

treze tilias 4

oom danie se kamera 046

DSCN1017

Dit was, elke keer, ‘n plesier om deur Brasilië te ry. Geen, onnodige polisie- of verkeersbeamptes, wat ons voorgekeer het nie. Ten spyte van ons vreemde registrasienommer. Paaie, oor die algemeen, in ‘n baie goeie toestand, waar hulle nie is nie, word daar gewerk. Sommige, sal dalk kla oor te veel tolhekke. Vriendelike mense, met my Spaans en gebrekkige Portugees, het ons al die inligting bekom. Die GPS, was vir die eerste helfte, uit aksie.

DSCN1023

DSCN1036

DSCN1043

DSCN1042

Treze Tilias, is prentjiemooi. Oordel maar self, na aanleiding van die foto’s. Let wel, sommige foto’s, is verlede jaar geneem. Die dorp, verdien die naam van Tirool van Brasilië. Hier het ons oornag, by die gastehuis, van die vriendelike tante Hildegard.  Haar Duits, is nog baie goed, soos die van die meeste ouermense, die jongeres, is duidelik besig om dit te verloor. Landbou, die produksie van suiwelprodukte en bosbou, en natuurlik toerisme, is die hoof inkomstebron. As ek my verbeelding, kan gebruik, moet die bergagtigheid, baie ooreenstem met die Oostenryse platteland.

I pad oom Danie 835

DSCN1061

Die groot verskil, is sekerlik, dat daar geen skiërs,  in die winter, hier sal voorkom nie. Onwillekeurig, wonder ek, waarom het daardie Boere, wat na die Boereoorlog, in plaas van om hulle in die onherbergsame Patagonië te vestig, nie dalk eerder in hierdie rigting, kon kom nie.

Hasta la proxima

Advertisements