Sleutelwoorde

Dit is nie net die Suid- Afrikaners wat ander weivelde soek nie.  Uit Europa, is daar ook ‘n toestroming van mense,  na hierdie wêreld. Elke dag nuwe gesigte, hoofsaaklik Duitsers, maar ook ander van die Oos- Europese lande, in die supermark, by die vulstasie en gister, loop ek die oompie,  raak, by die lokale koffie en koekwinkel.  Lekker bymekaarkomplek, van die  mense.  Kom hy daaraan, met die snaakse, groen gevaartetjie, ‘n gereelde gesig in die omgewing. Ja, baie van hulle bring, van hierdie snaakse voertuie en trekkers, hierheen. Munga’s, Gurgels, Unimogs en en en.

DSCN4317

karre 3

karre 2

Sommige, koop gou vir hulle van daardie ou oorlogsjeeps, wat nog redelik volop beskikbaar is, wel deesdae met ander enjins en ratkaste. Net ‘n dak, geen deure nie, soos die Munga. Ons wil die son geniet, en die wind in ons hare. Alles goed en wel, tot hulle hul in die eerste tropiese donderstorm bevind, dan is die  groot plesier op ‘n end. So, het ou Martin, se Gurgel, nou sy plek gevind, is sy groot skuur, tussen sy versameling van baie Volkswagenprodukte,

Vra hom uit daarna. Auto Union, eintlik, die destydse DKW. Dink ek dadelik aan meneer de Lange, destyds, die standerd vyf onderwyser, wat een van daardie regte, DKW karretjies gehad het, maar hierdie  een, is heeltemal anders, ‘n Munga. Daardie vreeslike naam, beteken eintlik in Duits, Mehrzweck UNiversal Geländewagen mit Allradantrieb. Dit nou volgens Wikipedia, en die Engelse vertaling, lui as volg: “multi-purpose universal cross-country car with all-wheel drive”. Volgens die oompie, wat, toe ek sy foto neem, tog versoek, dat ek hom nie op die internet moet plaas nie,  is sy vaartuig, ‘n 1962 model, met ‘n 956cc tweeslag enjin.DSCN4315 (2)

DSCN4311DSCN4314

DSCN4313

Van Oktober 1956 tot Desember 1986, is 46750 van hierdie vaartuie gebou.  Sien, dat selfs van hulle, hulle weg na SA gevind het, waar hulle gebruik is, waar slegte paaie was. Nog steeds, volgens Wikipedia.    Dit was skynbaar een van die voertuie, wat Auto Union, nou in die Volkswagen stal, ‘n belangrike rolspeler, in die motorbedryf,  gemaak het. Vorsprung durch Technik.

Hasta la proxima