Spieëltjie, spieëltjie aan die wand? Ons dink nie eers meer aan daardie fabel nie. Hoeveel van vandag se kindertjies, weet enigsins van Sneeuwitjie en Doringrosie? Die plat stuk glas, wat jou ewebeeld verskaf, al is dit verkeerdom, vind jy in elke huis. Alle afmetings, klein, groot, lank en breed.  Interessant om mense dop te hou, wat voor ´n spieël verbystap, veral vroue. Steek ´n oomblik vas en ´n vinnige blik in die spieël, dít is nou in openbare plekke. Een vinger, so ´n klein verstellingkie aan die hare. Dié wat tevrede is, so ´n ekstra wip in die stap.DSCN3415

Die mode, lyk dít my, deesdae, in nuwe huise, in die badkamers, die grootste spieël, aan veral die muur, reg voor jou, as jy die stort of bad, verlaat. Skrikwekkend, by die eerste aanskoue, as jy net ´n ou klein spieëltjie, in die huis gewoond is. Die ou liggaam, wat die tekens van die tye toon.  Plooie, pense en velle, wat hoe ouer mens word, al meer onooglik is en jy nie graag so duidelik aan herinner wil word nie. Dwing jou om jou rug te draai om die taak van afdroog, af te handel. Daardie spieëls, behoort verbied te word, waar daar enigsins ´n moontlikheid is, waar senior burgers hulle gaan bevind. Alles, baie mooi en indrukwekkend, maar ´n groot nee!

DSCN3475

DSCN3456

DSCN3457

DSCN3455

Kom ons hou by daardie tradisionele badkamer spieëls. Groot genoeg om te sien of jy netjies geskeer het en vir die vrou van die huis, of sy saans haar grimering, goed verwyder het. Die langlyf ene, kan binne die hangkas se deur wees, groter een in die spieëltafel, in die slaapkamer.

Daar, waar ons naaktheid ontbloot is, asseblief nie. Ons selfbeeld en selfvertroue, ly onherstelbare skade, op die brose ouderdom.

Hasta la proxima

Advertisements