Die definisie van ´n koöperasie, is  min of meer, persone wat hulle hulpbronne bymekaar gooi en dan ´n sterker organisasie of besigheid bedryf. Die koöperasie in die omgewing van Sete Quedas, ons alternatiewe blyplek, is Lar. Die betekenis van Lar, in die Spaanse taal is ´n huis, waar daar harmonie heers. Ek veronderstel die Portugese mening, moet ongeveer dieselfde wees, want die taal,  in Brasilië is tog Portugees.

dscn3127

19 Maart 1964, het 55 immigrante, van katolieke geloof, by die dorpie Missal byeengekom en die oorspronklike koöperasie gestig. In 1970 het die hoofkantoor geskuif na die stad Medianeira. Die ledetal het gegroei tot byna 10 000, met ´n personeel van 6000.  Daar is 27 takke, 14 supermarkte en 12 vulstasies. Onder die naam Lar, word produkte verwerk en versprei, van soja, mielies, varke, suiwel, hoenders, groente, suikerriet, koffie en yerba-mate. Die afgelope jaar, het hulle omset, met 19,67% gegroei tot  R$4,85 biljoen. Dit maak hulle die tweede grootste koöperasie in die omgewing.

dscn3125

dscn3123

Ry ek gereeld by die nuwe aanleg van Lar verby en besluit, op die ingewing van die oomblik, om bietjie te gaan gesels. Vriendelike mense, maar effe wantrouig en ek moet mooi verduidelik wie en wat ek is. Wil tot my blog, by landbou.com, sien. Is daar dalk iemand, wat kan Spaans praat, siende my Portugees nie so goed is nie. Ja, Asuncena, een van die sekretaresses kan. Verander die hele atmosfeer, toe sy op ´n vorige blog, die naam Caazapa sien. My pa kom oorspronklik, daarvandaan. Kry solank koffie, die bestuurder is net ´n oomblik nog besig. Soos die tradisie is, by elke besigheid, is daar ´n warm fles met die stroopsoet swart koffie en die klein koppies. Rustig, in die lekker gemakstoele van die voorportaal, geniet ek my koffie, blaai deur hulle twee-maandelikse tydskrif en hou die kom en gaan van die voorligtingsbeamptes, jong manne, dop, wat die amptelike take moet afhandel, voordat hulle hul dagtaak begin. Duidelik, dat alles doelgerig gedoen word en ´n positiewe atmosfeer wat heers.

 

lar-3lar-1lar-4lar-2

Rodrigo, die jeugdige bestuurder, maak sy verskyning en met Asuncena, as tolk, word dit ´n heerlike kuier, totdat hy ander verpligtinge het. Wat wel duidelik is, is dat die koöperasie die lede betrek en inlig en beter wil toerus, vir hul voortbestaan. Die personeel word ook goed toegerus deur middel van kursusse om hul beter voor te beerei, om ´n goeie diens te lewer aan die kliënte, wat eintlik die eienaars van die onderneming is. Sku is hulle, dat ek ´n foto van hulle neem, veral omdat hulle die empleem van die koöperasie op hulle hemde het. Wonder ek waarom ek hierdie skuheid, oral raaklooop, by besighede. Alle inligting is tog beskikbaar in die foto´s en artikels van hulle webblad en tydskrif.

Uit wat te lese is, ja, die lees is gangbaar, is dit duidelik, dat hulle vertroue het in die toekoms en hulle steeds poog om die harmonie, in die “huis” te laat gedy.

Hasta la proxima

http://www.lar.ind.br