Sleutelwoorde

, ,

Villarrica verby, eintlik kort duskant díe dorp, besluit ons dat ons nie van die wêreld hou nie. Plat, grasvelde en dit is duidelik, dat dit baie nat kan word. Hier en daar, baie min,  natuurlike bos, eintlik net die langs die rivierlope. By Caazapa, draai ons regs, splinternuwe teerpad, drie – vier kilometer, begin die bloekomplantasies. Weet ons, dat ons reg is en net ´n paar kilometer verder, is die bordjie, Isla del Bosque. Die doel van ons besoek, ´n langbeloofde kuier,  aan ons vriend, Helmold Plessen, senior raadgewer van Felber Forestal. Isla del Bosque, is ´n klein hotelletjie, die eiendom van een van die aandeelhouers.

dscn3002

dscn3010

Bosbou het die afgelope tyd, ´n aantreklike alternatief geraak, vir dié deel, wat oorwegend koeiboerderye gehuisves het. Speenkalwers is verskuif na dele wat beter grassoorte kon onderhou. waar die diere afgerond is. Deesdae is daar duisende hektaar onder, veral bloekombome en die oppervlakte, is steeds besig om uit te brei. Goeie dreineringstelsels, maak ook baie meer grond beskikbaar.

dscn3025

dscn3029

Ongeveer tien jaar gelede, het hierdie firma, hul eerste eiendom aangekoop en begin met die aanplanting van veral Eucalyptus spesies. Die onderneming het intussen ´n stelsel ontwikkel, waar buitestaanders kan belê en op die oomblik het hulle meer as 500 aandeelhouers, wat elkeen van 5 tot 1200 ha besit. Daar is reeds meer as 10 000 hektaar aangeplant en hulle het hul diens uitgebrei en huur van die naburige plase. Hulle verskaf ook ´n volledige diens, aan naby geleë boere wat wil deel in hierdie boerdery vertakking.

dscn3033

dscn3020

dscn3047

´n Kwekery verskaf genoeg plantmateriaal vir die voortudrende groei wat plaasvind. Daar word fluks gevorder met die oprig, van ´n aanleg, waar die hout behandel gaan word, vir ´n baie langer lewe. ´n Perseel is ook bekom, om ´n volwaardige saagmeule te huisves. Hout, word hoofsaaklik gebruik vir verhitting van die graansilos, vir die droging van graan en vir nywerheids doeleindes en pale. Daar word ook ´n proef gedoen, met ´n deel waar die bome, wyer uitmekaar geplant word en beter aangepaste grasse gevestig word, wat dan deur die beeste benut word. Die brandhout, word ge”chip”, vir makliker vervoer. ´n Nuwe masjien, om daardie taak te verrig, is onlangs uit Switserland, ingevoer. Dreinering en die instandhouding van die paaie, speel ´n belangrike rol, want om die grondstowwe uit te kry, in hierdie hoë reënval area, kan daar nie daarmee gesukkel word nie.

dscn3068

felber-1

Die goeie klimaat, gee ´n groei van 30 tot 40 kubieke meter hout per jaar, per hektaar. Teen ´n prys van ongeveer 20 tot 30 US$ per kubieke meter, beteken dit ´n groei van 600 tot 1200 US$ per jaar, ´n renteverdienste van 10 tot  15%, met ´n baie lae risikofaktor.

´n Aangename besoek. Bewondering vir mense, wat bereid is om te werk om hul planne te laat slaag en ´n duidelike verskil aan die omgewing te maak.

Hasta la proxima

http://www.felber-forestal.com/