Sommige is daar, so effe uit die oog, onder ´n boom, versteek. Ander neem onnodige spasie in die skuur op. Die base, weet nie presies, wat om met hulle te doen nie. Hulle het, of was deel van die oorspronklike werktuie, wat hulle op hul voete gehelp het, toe moes hulle plek maak vir die moderne masjiene van vandag. Met allerhande luukshede, ingebou in die kajuite, noem maar op, lugreëlings, sitplekke wat jou laat voel jy is in ´n luukse auto en natuurlik die GPS en allerhande sensors, natuurlik groter, met ´n hoër kapasiteit, moes hulle plek maak. Sentiment, het ´n rol gespeel, om enkeles, op sommige plase, te bewaar. Dit is nou die vorige geslag van selfaangedrewe stropers, wat ter sprake is.

dscn2944

dscn2940

´n Ruk gelede, het ´n Duits-Brasiliaan besluit dat hierdie ou stropers, nog van groot nut kan wees en begin planne beraam om hulle om te bou, as selfaangedrewe spuite. Miskien, nie so indrukwekkend en beweeglik, soos die nuwe geslag spuite, wat lyk soos hoogloop insekte nie, maar goed genoeg om vir gewasse soos soja te gebruik. Bykans, net so doeltreffend as die moderne spuite, maar heelwat goedkoper. Wat eintlik, dié groot voordeel is.

dscn2948

dscn2950

Ook toegerus met ´n GPS en die nodige sensors, is dit ´n opsie om te oorweeg, bo die fortuin, wat die nuwe masjiene kos. ´n Groot deel, van ´n masjien, wat net goed was vir die skrootwerf, kan nog nuttig gebruik word. Dalk nie die beste nie, maar baie handig vir ´n boer wat dalk kan doen met 2 spuite.

Hasta la proxima.

Advertisements