Sleutelwoorde

,

Sien ek ´n paar  weke gelede, die gobernación, se rooi skraper, is doenig, hier in ons omgewing. Snaaks, nie net die hoofpad, so 150 meter weg nie, maar ook ´n paar obskure paadjies, word verbeter. Doen navraag, die Guairá Rally, vind hier plaas en een van die trajekte, die een van Sondag, gaan hier neffens ons verby.

rally-2

rally-1

Net na ontbyt, Sondag, met ´n stoel, waterkan en kamera, gaan maak ek my tuis, agter die naaste boom, by die hoek. Sou iets verkeerd loop, moet daardie boom, die nodige beskerming bied. Gelukkig, die wind waai oos, want met ´n verkeerde wind, is so ´n draai, die laaste plek om te wees. Die grondvlak in die draai, is bewys van die hoeveelheid stof, wat daar opgeskop word. Gesels met Mario, die veiligheidsbeampte, van ´n naburige dorp. Hoe is jy betrokke? Ek is ´n werktuigkundige en hou van die sport. Ek gaan na al die Rally´s toe en help. Sou jy graag self wou ry? Ja, maar omdat ek nie genoeg geld het nie, geniet ek dit maar so.

dscn2630

Die boom, links die aanloop en die draai

dscn2657

Die draai,  na die tyd

 

 

Hoor ´n sirene, wat aankom. Die veiligheidskar, of te wel ´n ambulans, net daarna die hoofbaanbeampte, wat seker maak dat die baan oop en skoon  is. “Adrenalina puro” (suiwer adrenalien) praat hulle hier daarvan en ek beleef dit, toe die eerste een, aangestorm kom. Wegspring volgens die klas en spoed, vinnigstes eerste.

dscn2615

dscn2631

Met gereelde reëlmaat, kom hulle verby. 3 minute tussenpose, die eerstes, later die stadiger modelle, met 2 minute tussenpose. Vernuftig en op die oog af, vreesloos. Skakel ´n rat of wat terug, gooi dan daardie wa deur draai, lepel weer plat op die vloer, soos die Duitsers sou sê, vol gas. Opmerklik, die verskil, tussen die eerstes, wat meer proffesioneel is en die wat later verbykom. Nie net wat spoed betref nie, maar ook, hoe meer plakkers daar op die kar is, hoe meer is daar wat jou ondersteun. Lyk sommer half kaal, van die laastes, wat verby kom. Die stofwolk, heelwat kleiner.

dscn2636

dscn2647

dscn2653

dscn2660

dscn2665

Met stof in die hare en tussen die tande, keer die toeskouers, terug. Pak hulle braaiers. Was ´n dag in die buitelug, weet nie hoe skoon daardie lug is nie, want die reuk van die spesiale brandstof wat gebruik word, hang swaar in die atmosfeer. Of daar van hulle is wat teleurgesteld is? Ek vermoed baie kom, om te sien, of daar nie dalk ´n kar is, wat gaan rol nie.

Dat daar mense is, wat weet wat om met ´n kar, op ´n grondpad te doen, is seker. Nie my idee van sport nie, maar daardie adrenalien opwelling, maak dit tog aangenaam, so af en toe.

Hasta la proxima

Advertisements