Sleutelwoorde

,

Was dit nou nie ´n erge geskarrel, die afgelope paar dae, nie. Eintlik is dit nog nie verby nie, want danksy die internet, hardloop daardie video nou nog verder. Nog meer en meer en meer stroom die reaksie in. Dat mense glo in hulle bakkie, is baie duidelik en jy moet niks verkeerd van die man se bakkie sê nie, dan raak hy warm onder die kraag en verdedig hier en gooi wal daar.

Kom verskyn,  op die internet, ´n video van ´n Sweedse firma, Teknikens Värid, oor die sogenaamde “moose test”. ´n Simulasie, wat sou gebeur, indien iets skielik in die pad voor jou verskyn en jy hom moet vermy. ´n Baie bekende maak bakkie, slaag nie die toets nie. Vir sommige, is dit byna ´n persoonlike belediging. Hoe kan dit van my maak bakkie, gesê word.  Ek het al vyf of tien of vyftig gehad en dit het nog nie met een gebeur nie. Daardie is net swak bestuurders, wat so iets oorkom. Ek het op ´n plaas groot geword, ék kan bestuur! As die pad mooi is, ry ek sommer maklik 140 – 160 km per uur.  Belaglik! Die mense het net hulle mes in vir die maak, daarom word hierdie toets gedoen. Van hulle raak sommer persoonlik, plein ongeskik en vloekerig. Alles, afgesien van die feit, dat die vorige model, in 2007, ook nie die toets kon slaag nie. Na 9 jaar, dít?

Kyk http://www.caradvice.com.au/493858/toyota-hilux-fails-emergency-swerve-test/

Dan word ander modelle se swak ratkaste en en enjins, wat op twintig, dertig of hoeveel duisend, baie min kilomters, vervang moes word, bygesleep. Die gevolgtrekking kan gemaak word, dat baie, nie eers goed geluister en die video tot die einde gekyk het nie. Aannames word gemaak, bevestig en onbevestig. Daardie “Duitser” kan nie eers behoorlik Engels praat nie. Hoekom sal hy dan goed kan bestuur? As die bakkie, dan so sleg is en so baie rol, hoekom dagvaar die mense nie die firma nie? Weet hulle wat dit behels om so ´n magtige firma te dagvaar en hulle skuld te bewys. Die teenvraag kan natuurlik wees, as die bakkie onregverdig behandel is en die toets, nie behoorlik gedoen is nie, waarom dagvaar hulle nie die firma vir naamskending nie. Die klaers, is nie eers bewus daarvan, dat daardie bakkie se familieweergawe, wat op dieselfde onderstel gebou word, in die VSA verbied is nie, omdat hy so gevaarlik is nie. Koel tog af mense, dié gaan nie oor die betroubaarheid van die bakkie nie, slegs sy padhouvermoë, onder daardie toestand.

Intussen , is daar kommentare, van mense, wat alles bevestig. Met my en die een en daar, het dit wel gebeur. Hoekom het die voertuig die bynaam van die vlakvark, sebra gekry, dink jy? Hy is reg om enige plek in die stof te lê. ´n Ander, dit is ´n Rock en Roll, bakkie.  As jy rock, dan rol hy. ´n Ander vra: Hoe kan mens so ´n voertuig koop en jou vrou en  kinders aan daardie risiko blootstel. Nie dat dit ´n verwysing is, dat vrouens, swak bestuurders is nie. Net dat hulle dalk nie soveel ervaring het nie.

Die groot les, wat hierdie hele ontbloting, te leer is.  Moenie enige kritiek, op ´n man se bakkie lewer nie, al is dit goeie raad, wat dalk sy lewe kan red.

Hasta la proxima

Advertisements