Sleutelwoorde

Vir elke tradisionel saaiboer, sal hierdie manier van die ding doen, ´n rilling langs sy ruggraat laat afhardloop en hom sy hande laat saamslaan. Dié ou,  moet,  binnekort, bankrot wees! Kyk hoe lyk sy lande, mens kan mos g´n so plant nie. Hiér, sal nooit ´n oes afgehaal word nie. Dit is mos hoe die swak boere, boer.

dscn2571

Ja, ons is gewoond, die lande moet rooi, daar lê, diep geploeg, geen teken van ´n oesres of ´n onkruid nie.  Die trekker, wat plant, se spore, duidelik getrap, in die los grond. Net mooi die teenoorgestelde van wat hier gebeur. Geen bewerking, soms net die minimum bewerking. Die nabo ( https://coetzeeblog.wordpress.com/2016/06/21/nabo/ ) wat toe nie gestroop is nie, net so effe skrikgemaak, met ´n ligte snyeg, net om te voorkom, dat daardie reste, nie tussen die kouters pak nie.  Die algemene rywydte, lyk of dit nou gestandardiseer is, vir mielies en soja, 450 mm.

dscn2552

dscn2569

dscn2556

Geenbewerking, soek organiese materiaal, bo-op die grond. Vir die verbetering van die grond profiel en vir beskerming en voorkoming van erosie. Hoewel ons diep gronde, hier, ´n baie goeie absorbeervermoë van water het, kan ´n swaar donderbui, wat redelik algemeen is, groot skade veroorsaak. Die boer, wat nuwe grond voorberei en geplant het, veral op die dele, waar die helling redelik steil is, hoop altyd, dat so ´n harde donderbui, maar kan wegbly, tot die plante goed gevestig het.

dscn2564

Die plantery, vir hierdie oes, is byna agter die rug.  Byna, vier en twintig uit die vier en twintig, word daar geplant. Hoe gouer die saad nou in die grond kom, hoe gouer kan die volgende oes geplant word. Dit werk so, dat die planters, direk agter die stropers, hulle ding doen. Die nuwe John Deere7225J, GPS en al die monitors om te kontroleer of die saad goed loop, net op die draaie, waar die “drywer”, eintlik van nut is,  met sy  15 ry Vacu Meter planter en die twee ou 4040 strydrosse, met hul 8 ry Baldanplanters, doen ´n redelike stuk per dag.  Die weer speel ook mooi saam, byna elke tien dae, ´n opvolg reëntjie wat die vog aanvul en die drywers, kans gee om effe te rus en die masjiene na te gaan.

Nou vra julle, hoe kan die mense dan ´n goeie oes afhaal en nie bankrot gaan nie? Dit is  waar daardie “giftige geneties gemanipuleerde ” saad inkom,  bekend as Roundup Ready.  Een of twee maal se spuit met Roundup, wat eintlik glifosaat is, en al daardie onkruid het verdwyn en dan word daar genoeg kos geproduseer vir al die honger mage, wat net aanhou teel.

Hou hierdie spasie dop vir die vordering van die soja, wat nou,  geplant is.

Hasta la proxima.