Sleutelwoorde

“Die ganse geestelike besitting van ‘n volk of groep op elke lewensterrein; die geesteslewe; die beskawingstoestand van ‘n groep.” Volgens Wikipedia, is dit die HAT se definisie, van kultuur. Bykans, 23 jaar gelede, met ons aankoms hier, was ons almal lief om die woord “kultuurskok” te gebruik, wat dit inderdaad ook was. Veral, die vreemde taal, Spaans, was deel van daardie kultuurskok. Hier waar ons, ons bevind, in ´n oorwegend Duitse kolonie, wat bestaan uit die ou Duitse inwoners, die Koloniste en ´n horde Nuwe Duitsers en dan die plaaslike, Spaans en Guaranie sprekendes, het ons dit baie erger beleef. So, dat mens later nie weet wie en wat, waar tuishoort nie. Om, soos die mode deesdae is, sal ek niks aan een van die taal/kultuurgroepe koppel nie, daar is mos so iets soos politieke korrektheid. ´n Omgewing, van kulture, met groot kontraste. Van die modernste in landbou tot die nederigste bestaansboerderye.

Nou waar begin mens om te praat oor, wat vir ons vreemd was/is. Die eerste, daardie termosfles, meer met koue water, maar soggens en laat saans met warm water, wat die houertjie met die suigpypie en die groen, amper soos droeë lusern inhoud. Daaroor al genoeg geskryf.

DIGITAL CAMERA

DIGITAL CAMERA

Die kus op die mond, wat ´n groot taboe is. Dít word net vir jou vrou en meisie gegee. Baie van ons, verals sommige,  SA tantes, glo mos, jy soen op die mond. As hulle maar net weet, wat dink die plaaslike mense, daarvan. Daaroor ook geskryf.  Ons het opgegroei, seuns, dat jy jou hoed, in die huis afhaal, nog minder daarmee, op jou kop, eet of kerk toe gaan. Amper algemeen, veral onder die jongeres. Die rol van peetouers, baie belangrik. Kies, dan altyd vir jou kind, peetouers uit ´n hoër inkomstegroep, as jy iets sou oorkom, is die toekoms vir jou kind, beter.

schill-en-jaarverg-027

Steeds vreemd, vir my, is daardie “beer hugs” (wat is die Afrikaans daarvan?) by mans. Veral as hulle mekaar nie so gereeld sien nie, gepaardgaande met geklap op die rug. Steek maar vinnig my hand uit om dit te vermy. Daardie groot hande, van sommige, sal die blaaie onmiddelik, in ´n rumatiek bol verander. Ek begewe my nou op gevaarlike terrein, maar vroue, is oor die algemeen, nuuskieriger as mans, dalk net sommiges, onthou, ek praat van hier.  Niks snaaks, as jy besoekers kry, dat die vrou, sommer so terloops, ´n draai deur jou huis gaan loop en alles besigtig nie. Vreemd vir ons. Ons kuier binneshuis, bedags. Hier sit jy onder, veral ´n mangoboom, en daar kuier die mense. Vra ´n buurvrou, vir een van die Suid-Afrikaanse dames, nou wat doen julle in die huise, want  as julle gaste kry, sien ek julle glad nie. Kom sy agter, dat elke beweging, met die verkyker, dopgehou word. Nuuskierig se Moses.

rubionu-osse-tamaties-005

kultuur-7

ysterspadda-grootbm-wlke-010

Hierdie, is enkele van die kultuurverskille wat ons beleef. Om eerlik te wees, is daar nie veel, wat hoef te maak,  dat ons nie goeie vriende kan wees nie. Hou die spasie dop, vir meer oor die onderwerp.

Hasta la proxima

Advertisements