Hier, veral op die beesplase, wérk ´n perd, die ruiter, saam met hom en is daar ´n besonderse samehorigheid en verstandhouding tussen die twee. ´n Paar jaar gelede, was ´n klompie van die beesboere van hier, saam met Jaco Brits, op besoek in SA en een van die dinge, wat vir hulle, die mees opvallende was, was dat daar feitlik geen perde was, wat die beeste op die plase, wat hulle besoek het, gewerk het nie. Toestande, verskil hier, hemelsbreed, dit kan dus nie anders, dat die perd, onmisbaar is nie. Groter plase, groter kampe, groter troppe, moerasagtig, meer bos- en boomryk en dalk wilder beeste ook.

photo125_inner_0-4-732-4-0-994-732-994

Criollos, inheems, die talrykste ras in Suid-Amerika. Sommige reken, onder hierdie omstandighede, met ´n beter uithouvermoë, as die Arabier. Die ras dateer terug na 1535 toe 100 Andalusies hingste van Spanje, ingevoer is na Argentinië. Hulle het gekruis met die inheemse perde en so het hierdie ras ontstaan. Goeie temperament en ´n harde werker. Die name van die perde, inheems, soos dit hoort. MAB Martina de la Yerra RP 1, Sofia de Ita Poty RP 1, ENB Kurupi RP 116, MZC Kaigue Trampero RP 8 ens, ens.

perde-7

perde-2

perde-3

Kwart perd, of soos die Amerikaners hom noem, Quarter Horse, omdat hy so vinnig oor ´n kwart myl is. Ook ´n goeie werksperd, vanweë sy ratsheid. Baie gewild, omdat hy ook gebruik word vir die inheemse renne wat gehou word. Name, tipies Amerikaans, die land van herkoms. DC Play in the Trash RP 35, SEP Juanita Bar,  Wimpy Strarlight RP 135 ens.

perde-6

perde-5

´n Baie interessante ras, wat slegs in Suid-Amerika voorkom, is die Peruano de Paso (stap), wat as die Peruaanse trippelaar bekend is, omdat dit ure aanmekaar ´n gemaklike trippel-stap kan handhaaf. (kyk die video) Het sy ontstaan in die middeleeue gehad,  kruisings van die Palfreys (damesperde) en die Jennet (genet of Spaanse perdjies). Die eerste van hierdie perde het in 1531 in Suid-Amerika aangekom. Die ras is as Peruaanse kultuur erfenis verklaar. Hierdie perde, is nie baie volop nie. https://www.youtube.com/watch?v=GZwSR5xSxeI

perde-4

dscn1485

 

Op sommige beesplase, is muile ook gewild,om met beeste te werk. Kyk hoe hierdie muil die werker teen die omgekrapte koei beskerm.  https://westfallhorsemanship.com/2014/04/05/have-you-ever-seen-this-video-of-a-mule-defending-his-human/

perde-8

Plesier perde, vir die mense, wat soos my vriend Cois, hulle beskryf het, horse bedonnerd is, kom ook voor. Sommige werk, ander maar net vir die plesier. Arabiere, Drawwers, wat die silkys (wat sou die Afrikaans wees?) trek. Friese, nee, nie melkkoeie nie, maar daardie groot swart perde, bont perde, wat deesdae, ´n ras op hul eie is en Paint, genoem word en Lusitaners.

Nou moet ek bieg, ek is geen perdeliefhebber nie, mooi om na te kyk en dit is waar dit eindig. Dalk in my kinderdae, te veel afgeval. Die oumense, het mos geglo, voor jy nie  sewe keer afgeval het nie, kan jy nie perd ry nie. Was tog trots, daardie sewende keer, al het dit veroorsaak dat ek toe vir die eerste keer gehoor het van en water op die knie beleef het. In ons omgewing, was ook ´n oom, wat ´n perd as ´n regte drolmasjien beskryf het en  gesê het, dat indien ´n perd sou slaap, moet jy hom nooit wakker maak nie, want dan begin hy dadelik weer vreet.

Hasta la proxima

Sommige foto´s, my eie, ander van Google en ander van Revista Rural.