Eet,  móet ons. Elke land en omgewing, sy produkte, wat die natuur,  toelaat. Die stapelvoedsel, hier, is mandioka. Ons het destyds op skool geleer van kassawa, maar geen benul gehad, wat dit, eintlik is nie. Gaar, byna soos ´n aartappel, is die hoofgereg, dan word madiokmeel baie gebruik. Geen huishouding, amper wil ek sê, geen gebakte gereg, sonder almidon nie.  Dít is nou die meel (stysel), van mandioka, eintlik smaak- en reukloos. ´n Klompie jare gelede, is die grootste persentasie almidon, vervaardig deur klein , kan mens dit huisfabriekies, noem? Die higiëne en kwaliteit, was dalk nie altyd so goed nie.

mandioka

dscn2496

Deesdae, fabrieke, hoogs gemeganiseerd en higiënies, wat die produksie oorgeneem het. Redelik agterdogtig, as mens aanklop, om ´n paar foto’s te neem en inligting te bekom. Weet nie of hulle my as ´n industriële spioen gesien het nie. Na verduideliking en beduie, is ek toegelaat en besef, dat daar sekerlik geen geheim in die proses is nie. Alles, is tog op Google te siene en die paar “geheime” in hulle proses, sal ek nie nie eers raaksien nie, maar hoe sal hulle nou weet dat ek geen kenner is nie?

dscn2468

dscn2470

dscn2471

Vragmotors, vol gelaai, wat hulle beurt afwag. 300 ton per dag, kan hulle hanteer. Die koördinasie, moet goed wees, binne 2 dae na uitgehaal, moet dit geprosesseer word. Wasproses, met borsels en die hoëdruk spuit van water, wat die grond en ook die skille verwyder. Verpulping, dan deur ´n baie fyn sif. Die volgende paar  prosesse,  behels die afsak van die stysels en die skeiding van onsuiwerhede. Dan weer    ´n proses of twee om die materiaal te droog en dan te verpak. Maak nie saak, wat die verpakking is nie, maar dit word altyd binne in papiersakke verpak, wat die vog uithou.

dscn2473

dscn2498

dscn2417

Sommige van ons, wat nie met díe voedselsoort, groot geword het nie, is effe neusoptrekkerig, maar hierdie neweproduk se resepte, is nie te versmaai nie. Een van hulle, pão de queijo (kaasbrood), waarvan mens net nie genoeg kry nie.

Hasta la proxima

Advertisements