Sleutelwoorde

Met die ry van die ou pad, genadiglik,  is hulle nou aan die bou van ´n splinternuwe pad, wat aan die anderkant verbygaan, het ons altyd die reuk gekry. ´n Reuk wat enige naby buurman, nié sou beindruk nie, maar gelukkig is daar niemand in die onmiddelike omgewing nie.  Hang natuurlik af, van watter rigting die wind kom? Navraag gedoen, wat is daar agter die bult, wat só ruik, lees stink. Die velle looiery was die antwoord. Aangesien, hierdie wêreld, van die grootste eters, eintlik veroberaars, van, veral beesvleis is, speel die looi van velle ´n baie groot rol. Agtergekom, daar is heelwat sensitiwiteit oor die onderwerp, sommige, my aangeraai, dat ek nie toegelaat sal word nie.

dscn2446

dscn2444

dscn2448

Uiteindelik, die eienaar raakgeloop om toestemming te kry om te gaan foto´s neem en iets daaroor te skryf. Sê net wanneer jy gaan, ek sal sorg dat die hek oop is en daar sal iemand wees, om jou te ontvang. Die afgelope week toe daar uitgekom. Die oorsprong van die reuk en die hele proses beleef. Harde werk, in toestande, wat sekerlik nie baie aangenaam is nie.  Vrouens, wat daardie groot rollers beman, waar die vog uit die velle gepers word.

dscn2460

Hierdie is die eerste en basiese proses, wat gevolg word en die onsmaaklikste gedeelte, want daar word sekere chemikalieë gebruik, wat die omgewing baie kan benadeel en waar daar goeie kontrole moet wees, sodat omgewingsrampe afgeweer kan word. Veral, daardie laaste blou modder, wat in die sementbakke gedroog word, is die groot sondebokke en dit word sorgvuldig in plastiek toegemaak en begrawe.

dscn2449

dscn2465

Die velle word geneem, tot by die proses wat genoem word die blouvel stadium. Hievandaan, word dit geneem na die eindproduk verwerkers. Die vraag na egte leer, sal seker nooit verdwyn, solank hierdie,  beskikbaar is nie. Kan verstaan, hoekom is, egte leer duurder.

dscn2454

O, ja, ons is nie so bly oor die pad wat nou bokant die wind verbygaan nie, maar omdat ons ´n lekker teerpad het, waar die weervoorspelling geen rol speel,  as ons wil gaan kuier nie. Geen nat, gly-gly, rooi, seepgladde, modderpad waar ´n sojavragmotor, dwars in die pad staan, om ons rit te vertraag nie. Moes vroeër altyd die weervoorspelling dophou, as ons ´n kuier beplan.

Hasta la proxima

Advertisements