Wat ´n somber tema vir die week en geen enkele foto ook nie.

Die afgelope tyd het daardie term, en alles wat daarmee gepaard gaan, heelwat ter sprake gekom, hier ter plaatse. Natuurlik, nie die aangenaamste van onderwerpe nie en iets waaroor mens, gewoonlik maar swyg, tot die dag waar daar so ´n geval,  naby is.

Dan praat ons baie, die voor en nadele, die morele aspek van die tema. Mag ons en wie kan daaroor besluit? Daar is natuurlike gevalle, waar dit onmoontlik is, dat daar enige beterskap kan kom, maar dan sê ander weer, wonderwerke kan gebeur. Geen individu kan besluit nie, dit is die persoon se tyd of nie, maar soos dit ´n persoon se reg is om te lewe, so het hy seker ook die reg om, onder seker omstandighede, van daardie reg afstand te doen.  Onmenslik en kerklik verkeerd, sê sommige buitestaanders.  Ander verskil.

´n Week of wat gelede, was ons sewe en tagtigjarige ou vriend, ernstig siek. Hospitaal. Longontsteking. Hy protesteer. Wil nie die medikasie neem nie. Los my, dat ek in vrede kan gaan. Weier om besoekers te sien. Ander komplikasies en pyn. Dokters  gaan aan en doen wat hulle dink, die beste, is. Die toestand, ontwikkel so, dat die dokter een aand sê: dit is my laaste inspuiting vir hom hierdie, môreoggend, sal ek sy doodsertifikaat kom invul. Hy ly en dit is nie maklik vir die, om hom, nie. As die telefoon lui, verwag almal die ergste. Gedurende hierdie tyd, word die onderwerp van genadedood druk bespreek.  Voortydig! Grafgrawers word in kennisgestel, om reg te wees. Planne word beraam. Te haastig. Te pessimisties. Oplewing. Drie  dae later word hy ontslaan en die beterskap duur voort.

Ons gaan besoek hom.  In sy gewone stoel, met die stapel leesstof, langs hom. Bly om ons te sien. Sy ou self. Effe maerder, natuurlik. Laggend, toe ons uitstap, as jy weer kom, kom sien ek jou by die deur af. Ek, onthou, ek beskou dit as ´n belofte. Jy sal sien, verseker hy my.

Teoreties,  kan dit seker nie baie lank wees nie, maar wie kan daaroor besluit? Die, daarvoor en die, daarteen argumente, sal vir altyd  voortduur.

Hasta la proxima