Die meeste Groenes, sal nie hiervan hou nie, want hulle hou nie van swart nie. Dít het nou niks met politiek of rassisme te doen nie. Ek dink  daar is  min Groenes wat werklik hulle hande vuil maak, vuil hande is normaal swart of swarterig, dít bewys dus dat hulle nie van swart hou nie, maar ek veralgemeen seker nou, omdat die paar wat ek ken, so is. Van die uitroei van bome, hou hulle ook heeltemal niks, maar min van hulle is ook afhanklik van die grond en is dit baie maklik, om vanuit jou lugversorgde kantoor,  te raas en te blaas, oor ontbossing. Daardie bosse, word gelukkig vervang, deur welige Gatton Panic weidings, wat ek dink, meer suurstof verskaf as die bos.

houtskool 2

DSCN2166

Die afgelope week, het ons ´n besoek gebring aan die Chaco, die droeër westelike gedeelte van Paraguay, en gesien wat gebeur met die onbenutte hout van die ontboste dele. Daar, is steeds, groot ontwikkeling aan die gang, wat tot die gevolg het,  dat groot dele ontbos word. Dit is nie tropiese woude nie, maar bosveldagtig, met enkele groot bome, wat gewoonlik baie bruikbare hout het en laer bosse, wat nie veel ekonomiese nut het nie. Nadat die bruikbare hout, van die groot bome, uitgesaag is, bly daar nog baie hout oor, wat net vir die produksie van houtskool gebruik kan word. Om by daardie eindproduk te kom, is baie,baie harde werk. Hierdie hele proses van ontbossing, vind plaas onder streng kontrole en aanbevelings van die plaaslike bosboudepartement en niemand word toegelaat om onbeperk te ontbos nie.DSCN2172DSCN2169

Daardie hout, moet gesaag word in stukke, wat menslik hanteerbaar is, want dit word in oonde gepak, min of meer die vorm van outydse byekorwe. Baie ervaring is nodig om hulle te bou, met ´n spesiale taai klei, gemeng met molasse, dat hulle nie ineenstort nie. Die binnekant van die oond, word ook met hierdie rooi klei,  gesmeer, om dit dig te maak. Heelbo word ´n klein opening gelaat, waar die hout aangesteek word, dan op verskillende hoogtes, kleiner gate, reg rondom die oond. Sodra die rook by die laer ry gate uitkom, word die boonstes toegestop, tot by die heel laaste ry gate, sodat dit dan doodsmeul en net die houtskool bly oor. Daarna, word water by die boonste gat ingespuit en die oond staan dan ´n ruk. Sodra die oond, afgekoel het, word die houtskool verwyder, in sakke gegooi en verder vervoer vir die finale verwerking. Die hele proses, in die oond, duur ongeveer 8 dae en ´n oond, afhangende van die hout, produseer ongeveer 4500 kg houtskool per lading.

DSCN2165

DSCN2162

DSCN2160

DSCN2163

Die gevaar, dat ´n oond heeltemal in as kan verander, as daar nie noukeurige toesig is nie, bestaan altyd. So, het dit ook al gebeur, indien daar te veel stoom in die oond opbou met die natspuit, die drukking van die stoom, kan veroorsaak, dat die oond uitmekaar spat. Voertuie, trekkers en sleepwaens, wat hier werk, word ook met spesiaal versterkte bande toegerus, die groot gevaar, is stokke wat baie maklik ´n gat, in ´n gewone band,  kan steek.

DSCN2072

Hierdie oorvloed aan houtskool, maak Paraguay die 4e grootste uitvoerder van houtskool in die wêreld én die baie beeste en vuurmaakgoed, maak dié landjie, die derde grootste verbruiker, per kop, van beesvleis. Baie asado. Braaivleis!

houtskool 1

Die ontbossing, verander, wat vroeër, as die Groen Hel bekend was, in ´n paradys vir beeste. Ag, nou sal die groenes weer kla, oor die winde wat die beeste opbreek, wat  kwansuis so nadelig vir die atmosfeer is.

Hasta la proxima