Fábrica Nacional de Motores, is die amptelike naam. Alfa Romeo enjin én sê hy, die enjin loop nog baie mooi. Onderdele? Ja, die is beskikbaar, nou nie orals nie, maar geen probleem om hulle in die hande te kry nie. Ongeveer 1941, het die Brasiliaanse regering gepoog om meer industrieë te vestig en was hierdie een van daardie projekte. Aanvanklik saam met Isotta Frachini, die Italiaanse vervaardiger, maar toe hulle finansiële probleme kry, moes ´n ander vennoot gesoek word en het Alfa Romeo, in die prentjie gekom. Die vervaardiging van vragmotors en motors, het tot in die vroëre 70´s geduur. Heelwat van hierdie vragmotors, is nog te siene, in Brasilië, van die motors, vervaardig volgens Alfa styl, het ek nog nie een gesien nie.

DSCN2018

Fnm Onca

Ons daaglikse stap, neem ons gereeld,  verby die huis, waar die blou Fnm geparkeer staan, soms is hy daar, soms, natuurlik op die pad en elders besig, om een of ander vrag te karwei. Die afgelope week, is die eienaar besig om skoon te maak. Geleentheid vir gesels en uitvra. Vriendelike man, Adelino Trianoski. Hoeveel kilometer, het die blou wa van jou geloop.  Lag hy lekker, weet nie presies nie, maar baie meer as ´n miljoen myl. Loop hy nog goed, want ek sien jy kyk mooi na hom. Luister, en jy moet onthou dat dit koud is vanoggend. Druk die knop van die aansitter en dadelik, is hy daar. Die Alfa Romeo enjin, loop soos ´n goed geoliede motor, moet loop. Groot glilmlag. Wat karwei jy alles? Alles denkbaar: soja, mielies, koring, mandioka, hout. Dit is ´n 1976 model en ek het hom omtrent nuut gekoop in 1978. Een keer, het ek die enjin oorgedoen en hy is nog reg. Daardie 12 volt waaiertjie, teen die venster, is ook net reg vir daardie warm dae.

DSCN2014

DSCN2013

fnm binne

Trianoski, nou wat se van is dit. Pools en jy kan hoor, dat hy trots is op sy afkoms. Ek is nog suiwer Pools, my pa en ma, was Pole. Kan jy die taal nog praat, enkele woorde, maar praat,  nie meer nie. Het jy nog kontak met van die familie in   Pole? Ja, ons het nog, maar die kommunikasie is nie meer so maklik en gereeld nie. Moet altyd iemand kry om dit te vertaal en hulle raak nou skaars.DSCN2016

So, mens mag maar trots wees op jou afkoms.  Wanneer ek die straat op stap, ry daar nog ´m Fnm verby, donkerder blou. Vaartuie, van ´n vergange era, wat nog baie nuttig is en met goeie versorging en onderhoud, hul kant bring.

Hasta la proxima

Advertisements