Sleutelwoorde

Dit is ook nou al  ´n kwarteeu gelede dat 4 getroude pare, Paraguay besoek het, om moontlikhede te ondersoek.  Met Varig gevlieg, wat toe nog ´n gawe redery was en nié die skaduwee, van  wat hy vandag, is nie. Op daardie vlugte, het ons kennisgemaak met Guaraná, die nie-amptelike gaskoeldrank van hierdie wêreld en was dit van die begin af, ´n wenner in ons smaak ervaring. Wat, onmiddelik, ons aandag getrek het, was die Coke weergawe, Simba Guaraná. Destyds, het ´n trem ook nog, Asunción se strate, op die ongelyk spoorstawe, geklingel. Een van hulle, het ook daardie Simba Guaraná advertensie, groot, op die kant,  gehad.  Daarvan, het ek geen foto nie, maar wel van ´n trem, wat in die nuus was oor ´n ander advertensie, kyk maar die foto self.tram asu

DSCN1910

DSCN1924

 

Paullinia cupana, is sy oorsprong. Die saad van die plant, gerooster en gemaal. Die oorspronklike inwoners van die wêreld het dit gebruik as stimulant om uitputting te voorkom, om aarverkalking, diaree,  migraine en senuweepyne, teen te werk.  Die naam is afkomstig van die guaranie woord, wat beteken “die vrug, wat soos ´n mens se oë lyk. Wat, ook inderdaad, so is.

guarana 2

guarana

Of die geursel van die koeldranke, steeds van daardie vruggies gemaak word, weet ek nie. Soveel soortgelyke smake, word deesdae,  chemies berei, dat dit seker ook nie onmoontlik is, dat hierdie smaak, vals is  nie.  Ek glo, dat die poeier wat in gesondheidswinkels verkoop, word steeds die ware Jakob is.

DSCN1795

179

Dat die geblikte en gebottelde weergawe, net so ongesond is, as enige ander gaskoeldrank, dít dink ek is waar. Dit loop darem baie mooi saam met ´n lekker stuk braaivleis.

Hasta la proxima.