Sleutelwoorde

,

Dit het  glad nie so ´n dramatiese kleur soos, bv kanola (Brassica rapa) nie. So ´n skamerige pers blommetjie, van hulle amper wit, alhoewel hulle familie is, is hierdie een, sekerlik die lelike niggie van die familie (Brassca napus). Hier staan dit bekend as nabo forrajero. Word geplant vir veevoer, die saad word ook gebruik vir die oorspronklike raapsaadolie én die ryp, het nie vatplek daaraan nie. Ideaal vir die grondbedekking in die winter en binne 70 dae, is daar kos vir die vee.

DSCN1947

DSCN1943

´n Uitgebreide familie, hierdie Brassicas. Rape, radyse, kanola, mizuna, rapini, komatsuna, tatsoi, Bok choy, Sjinese kool en nog heelwat meer. Veelsydige voedselsoort, dalk nie so opwindend vir die vleiseters nie. Natuurlik, weet ek niks van daardie met die snaakse name nie, glo dit smaak almal soos slaai en pietersielie  en  is heerlik vir die Oosterlinge, wat al daardie groenighede verorber. Hierdie inligting, is alles volgens Wikipedia en oom Google.

Hier het dit, dit is  nou die voer een, die saad kan ook vir olie gebruik word, in die prentjie gekom, want die suikerrietproduksie, rook nie meer die pyp nie. Lae pryse van suiker en alkohol, maak die produksie daarvan nie meer so winsgewend nie en moet dit plek maak vir iets anders. Soja en mielies sal op die grond geproduseer word, nou is die suikerriet uitgeploeg, dit is te vroeg vir soja en/of mielies en teen 10 kg saad/hektaar, plant sommige boere nou nabo. Binne 70 dae kan dit bewei word en op 90 dae, afhangende van die hitte, kan dit gestroop word.

DSCN1935

DSCN1940

Niemand, kan my regtig sê, wat die opbrengs van die saad en die prys is nie. Dit loop mos saam met die klimaat, die opbrengs. Die prys weer hang af van ´n opportunistiese, buitestaander, wat sal besluit wat die boer moet kry. Normaal. Die eerste aanplantings, is nou aan die blom. Stand nie so wat wonders nie, maar dit behoort goeie organiese materiaal te wees, wat belangrik is, vir die  geenbewerkingsprogram, wat gevolg word.

DSCN1948

Die bewerking, om die nabo forrajero te vestig, het die grond mak gemaak, vir die volgende gewasse, soja, mielies en koring,  sal die bewerking op ´n einde wees.

Hasta la proxima.