´n Rukkie gelede besluit ons, om saam met ons vriende, Piet en Susan, ‘n reis deur die Misiones provinsie van Argentinië te onderneem. Dit was nie ´n baie lang reis nie, ongeveer 1500 km, heen en terug. Dit, in een van die kleiner provinsies van die land, net om mens die groote van die land te laat besef. Die natuur, veral die riviere en watervalle te geniet, prioriteit nommer een. Die wêreld, geseën met baie reën, volop waterstrome en redelik bergagtig, is in byna alle strome, ´n waterval van ´n soort.  Sommige, net erge stroomversnellings, ander indrukwekkend. Die einddoel, die Saltos del Moconá, in die Uruguayrivier, wat hier die grens tussen Argentinë en Brasilië vorm. Vir óns, ´n redelike onbekende,  natuurwonder.

DSCN1634

Oppad, twee nagte se slaap en kleiner, maar steeds baie mooi natuurwonders. Die eerste nag, die dorpie, Jardin America. Die volgende oggend, Salto Tabay, in die Tabayspruit (Tabay in Guaranie, beteken, klein dorpie). 5 kilometer uit Jardin America. Mooi natuurskoon en mooi kampplekke. Die spruit loop in die Paranárivier.

misiones 1

Volgende dag, die dorp Aristóbulo del Valle. Ook bekend as die “ hoofstad van watervalle en stroomversnellings”. Die invloed van Duitsers, Oostenrykers, Ukrainiërs en Pole, wat hulle hier kom vestig het, duidelik waarneembaar. In die provinsiale park van 13 227 ha is die groot skouspel, die Salto Encantado, 64 meter hoog. Wandelroetes, te kus en te keur, met verskillende grade van inspanning.

IMG_4094(1)

DSCN1727

Dag drie, na die dorpie, El Soberbio en vandaar na die Saltos del Moconá die betekenis daarvan, is: Hy wat alles sluk. Eers oor die laagwaterbrug van die Yabotíspruit. In baie ander lande, sal dit ´n rivier genoem word. Gelukkig, het Susan vooraf met die Parkwagters kontak gemaak om te hoor of die pad en die waterval oop is. Die vorige week, was die water bo-oor daardie laagwaterbrug en die valle ook toe. Moconá, is een van die min valle in die wêreld, waar die valle nie reghoekig met die rivier is nie, maar waar daar ´n kenyon, van drie kilometer, ewewydig met die rivier se loop is, wat dit so ´n groot skouspel maak. Nooit het enigeen van ons besef, dat die Uruguayrivier, so ´n groot rivier is nie. Afhangende, van die rivier se vlak, is daardie laaang waterval, gewoonlik tussen 5 en 16 meter hoog. Sê die bootsman vir ons, vandag is hy net ongeveer 1 meter hoog. Daar is geen teken van die ravyn, waarin die water gewoonlik loop nie. Net ´n vinnig vloeiende rivier, meer as ´n kilometer, van oewer tot oewer. Met die aantrek van die reddingsbaadjies, wonder ek, onwillekeurig, as iets sou gebeur, waar sou hy jou in daardie vallei, waar daar seker niemand is nie, uitspoeg. Die gebrul, van die 115 perdekrag Mercury enjin, herstel die vertroue, maar dit bly ´n senutergende rit. Die gedreund van die water, byna armlengte weg. Die hoë vlak van die rivier, het dalk die val minder gemaak, maar steeds,  ´n onvergeetlike ervaring en dít, het die hele rit, die moeite werd,  gemaak.  Die afgelope tyd, kon daardie val, definitief NIE alles sluk nie. Vergelyk die foto van die boot onder in die ravyn, met waar ons gery het.

mucona 1

IMG_4170

Stroomaf

mucona 2

Moconá  2

Daarvandaan het ons die terugreis, aangepak en die aand by die dorp Leandro N Alem oornag. Oral, baie vriendelike mense teëgekom en die baie cabañas of herberge, oral in die area, wat voorsiening maak vir elkeen se sak.

´n Aangename rit en baie dankie, Piet en Susan, vir goeie reisgenote wat julle was. Dankie ook vir die voorreg om dít te kon geniet.

Hasta la proxima

https://www.youtube.com/watch?v=eOb5QngLtqE  Salto Tabay

https://www.youtube.com/watch?v=S9Ai8oKcADg Salto Encantado

https://www.youtube.com/watch?v=S9Ai8oKcADg  Saltos del Moconá