Die distrik is Paso Yobai, die plaas is die estancia van Manfred Hieber, Naranjito. Wolkloos en koud. Blou, blou lug. Groen weidings. Vriendelike mense, sommige dames met kleurvolle poncho´s,  om die koue uit te hou. Die bekendstelling van die Boranras in Paraguay. Die minsame en rustige beeste en Jaco Brits,die hoofrolspelers, by hierdie genotvolle, geleentheid.

DSCN1599

DSCN1555

Die 5 lede van die groep: Georg Brixner, Jaco Brits, Manfred Hieber, Edwin Peter en Horst Escher

DSCN1467

´n Paar jaar gelede, het ´n handvol boere van die omgewing, wat reeds ´n geruime tyd, georganiseerd opgetree het, in, wat in SA,  as ´n studiegroep bekend sou staan, besluit, dat iets daadwerklik gedoen moet word om te sien of hulle die hoë koste aan uitwendige en inwendige parasietbestryding, kon bekamp. Dít, het gelei, tot die belangstelling in die Boranras. In die jaar 2011, het Jaco en van die lede van die groep, ´n toer na SA onderneem en daarna is besluit om embrio´s van die Boran, na Paraguay te bring. Wat daaruit voortgevloei het, was gister se aangename,  bekendstelling van die ras.

DSCN1476

DSCN1548

Manfred Hieber, bekende sakeman en eienaar van die plaas, het begin met ´n bondige opsomming, hoé op die Boran, besluit is. Daarna, het Jaco, wat eintlik die hele administrasie van die onderneming behartig, ´n beskrywing gegee van 15 verskillende groepe van diere. Hierdie groepe is saamgebring, van 6 verskillende plase, van lede van die groep. Vanaf verskillende tipes weiding en verskillende bestuurspraktyke en slegs ´n paar weke, voor die dag, bymekaar gebring. ´n Uitstaande kenmerk, was die eenvormigheid. ´n Goed georganiseerde vertoning, in baie goed beplande geriewe.

DSCN1489

DSCN1523

Vir heelwat van die beesboere, was dit ´n ondevinding en ´n eerste, om bewus te word van hierdie ras. Dat die belangstelling daar is, is duidelik. Sewe bulle, wat reeds beproef is, is geoormerk vir die tap van semen. Daar is skynbaar heelwat bestellings geplaas vir saad.

DSCN1472

Na die amptelike gepraat, het ´n ete plaasgevind. Vleis en slaaie, voorberei, deur die baie professionele span van Churrasqueria Sul  Americana. Jaco, moes steeds, bontstaan, om vrae te beantwoord, so ook, moes  die ander lede van Indep Genetics, vertel van hulle ondervinding van die ras.

DSCN1579

DSCN1597

Tenspyte van die suur windjie, wat ons laat wonder het, of die Andes se sneeubedekte pieke, nie maar net 100 km weg is nie, ´n baie geslaagde dag en dít behoort nie die laaste van die Boran te wees nie. Tenspyte van die koue, het die kuier, nog lank aangehou.

Hasta la proxima

https://coetzeeblog.wordpress.com/2012/01/22/boeretoer/

Advertisements