Kom ons, effe moeg, Vrydagmidag, die straat afgery, na ons reis.  Dit is nou die een, langs die oop stuk, wat die grens vorm. Op ´n leë erf, aan die Brasilië kant, sien ons die vreemde waens en voertuie staan. Groot langs die kante, helder kleure,  geskryf: Circo Zanchettini. Die mees tradisionele vertoning in Brasilië. Die name, Boswell en Wilkie, duik in my geestesoog op. Tromme wat roffel. Narre met rooi neuse en altyd ´n piekie, een met die naam Tiekie, tussen hulle. Perde in ´n ring, die afrigter, met ´n sweep wat klap, leeus, in ´n veilige hok. Die sweefstokgimnaste, aan die swaai, doer bo in die lug. Ons, as klein kindertjies. Oë vasgenael op die skouspel voor ons, amper te bang om asem te haal.

819

Tuis, net aangekom, storm kleindogter, Lari, ons. Het julle gesien? Die sirkus is in die dorp!   Volgende oggend, dwaal ek straat af, kamera in die hand en notaboek in die sak. Alles is bykans reg, vir die aand se vertoning. Hier en daar, iemand besig met iets. Eenkant, iemand aan die sweis.  Een kom nuuskierig nader, Kan ek help? Ek wil graag met iemand praat oor die sirkus. Un moment. Hy roep in die lug. Marcia! Kom die blondekop vrou nader. Vriendelik. Vertel en verduidelik sy. Ons is ´n tradisionele sirkus. Ongeveer 40 mense in die groep. Die wat optree, almal familie. Hier is geen artieste, van buite nie. Vanaf 1964 is dit in die familie. Ons het ´n eiendom in Curitiba, maar ons kom omtrent nooit daar nie. Ons is maar pal oppad. Soms maklik, soms nie so nie. As die weer nie saamspeel nie, dan is dit maar moeilik. Duidelik ´n lewe waarin mens.  moes opgegroei het. Later kom die sweiser ook gesels. My broer, Marcio. Vra verskoning, daar is altyd iets wat herstel moet word. Wat van koffie?  Dinge, is darem deesdae, baie makliker, met die nuwe tegnologie. Beter en ligter apparaat. Diere? Ons het geen diere meer wat optree nie. Die Diereregte mense, het dit vir ons so moeilik gemaak, dat ons dit gelos het. Ons het 2 perde wat saam ry, indien een van ons bietjie wil ry. Dit is ons lewe en ons kan nie anders nie. Aan die beweeg, oral in Suid-Amerika.  Waar is julle volgende stilhouplek? Iguatemi, so 8o km van hier. Aangename mense. Ons sien jou seker vanaand?

825

828

Kom die aand. Opgewonde kinders. Dít het nie verander nie. Die ligtekop vrou, het ´n gedaanteverwisseling ondergaan, in haar groen rok. ´n Talentvolle klomp mense. Wissel mekaar flink af. Die een oomblik narre, wat die mense laat skater, ons wat nie so vlot met die Portugees is nie, het nie alles gevang nie, maar darem saam gelag. Waagartieste en mense wat balle, ringe en kegels van hande laat verander, met baie goeie tydsberekening. Dan op die sweefstok, bollemakiesie en vang mekaar. ´n Net, onder hulle,  om hul veilig te hou. 4 motorfietse, in daardie ronde bal, soos die Duitsers sou se, vol gas, een foutjie en groot katastrofe. Díe wat nie besig in die arena was nie, besig om lekkernye te verkoop. ´n Goed georganiseerde groep, wat gesorg het vir ´n genoeglike aand.

DSCN1325

DSCN1290

DSCN1316

DSCN1338

DSCN1330

DSCN1342

DSCN1327

DSCN1376

Ek hoop nie ek moet weer so lank wag om ´n sirkus te sien nie. Dit was tog goeie vermaak.  Dinsdag, sien ons dat die afbreek aan die gang is. Oor ´n dag of wat, sal die platgetrapte gras die enigste teken wees van die opwinding wat daar plaasgevind het.

Hasta la proxima

Advertisements