Dit was ons eerste rit, met die meisie, met die bekende stem, as metgesel. Ons het 2 dinge geleer van haar, as daar padwerke of verleggings is, ignoreer haar en volg die aanwysingsborde. As jy haar ´n pad vra na ´n dorp, maak seker dat sy jy jou nie net  die kortste pad aanbeveel nie, dit is dalk nie die beste een nie. As jy agterkom, dat dit nie die beste pad is nie, verander haar idee gou, anders word daardie: indien moontlik, maak ´n u-draai, effe eentonig.

castrolanda 5

Na ons die mistigheid van die pas, Serra do Rio do Rastro beleef het, besluit ons, ons is nie lus vir die besige kusroete nie en vra die meisie, binneland langs. Vorder goed, tot by Santa Rosa Lima, mooi nuwe teerpad. Beduie sy ons steeds, maar o, wee, ´n nou grondbaadjie, deur baie mooi natuur. Pragtige melkplasies in die berge. Heidi, sou beslis hier, baie tuis gewees het. By ´n klein  gemeenskap, vra ons,  is oppad na Anitapolis. Snaaks hoeveel dorpe daar is wat op daardie -polis, eindig. Ja, julle is reg, maar dit is meer as 70 km ver en net grondpad. Daarvoor sien ons nie kans nie en maak daardie u-draai. Slaap die aand in Santa Rosa Lima, wat soos Rio Fortuna, vir ons vreemde plekke sou wees, as ons nie die pad gery het nie. Hier het ons besef, hoe bergagtig, die oostelike dele van dié land is. Wonder hoeveel passe ons op die end gery het en ons het net by hoofpaaie gebly.

DSCN1084

743

Kuslangs, besige hoofweg, wat ons aanvanklik wou vermy en dit toe op die end geniet het. By Marina Tres Marias, die lekkerste seevis geeet, ons het baie varswatervis, per toeval hier beland, omdat ons net ons voete in die see wou sit. Geen branders nie, maar mooi uitsig oor die eiland, waar Florianopolis is, wat die branders afkeer. Daarvandaan, na Blumenau wat vir ons ´n teleurstelling was,  soos Pomerode ook, wat beide voorgestel word as stede, wat meer Duits as Duitsland is.  Nou, net stede, met hier en daar Duitse boustyl, wat bewaar gebly het, maar verswelg word deur beton. Oma Helga se Pousada, was ons oornagplek, in Pomerode.

744

750

DSCN1136

 

Die volgende dag, na Castrolanda, wat die hoogtepunt van ons kort toer sou wees. Hollanders, het  hulle van 1951 tot 1954, hier kom vestig en dit uitgebrei, tot een van die vooruitstrewendste dele van Brasilië. Spesiaal gekom om die pionier van intensiewe skaapboerdery, in dié land, Taeke Greidanus te besoek en het ons ´n gasvrye ontmoeting beleef, saam met hom en sy vrou, Jenneken. Hulle noem aan ons, dat daar die aand, in die saal, wat aangrensend aan die groot windmeul, wat die omgewing oorheers, ´n sangoefening is vir ´n kultuurfees wat kom. Hartlike ontvangs gehad en lustig saam met die Kiers, Rabbers, Bouwmans en die Withare, onder andere, gesing. In Pousada Oosterhuis, het ons ´n goeie nagrus geniet.

DSCN1213

DSCN1199

786

DSCN1234

Die volgende dag,´n besoek gebring aan Jan Haasjes, groot varkboer, wek sy eie elektrisiteit op van die afval en vervaardig groeimedium vir sampioene. Een van die grootste koöperasies, is hier gevestig, deur die Hollanders. So, het hulle ook ´n groot invloed in die buurdorpe, Carambei en Castro.

763

Toledo, was ons laaste nag, oppad. Universiteitstad, landbou en suiwel. Ons reis, eindig soos hy begin het, bulte vol mielielande. ´n Land, wat ook veronderstel is, om ´n finansiële krisis te beleef, maar waar ons beweeg het, was daar nie ´n teken van nie. Feitlik niemand, ledig op straat nie. ´n Land, wat ook ´n politieke krisis beleef: Dilma moet gaan!  Volgens wat te lese is, sal sy dalk binne die volgende week of wat, ontsetel wees. ´n Baie groot land, met vriendelike en hulpvaardige mense.

DSCN0992

795

Vrydagaand, was ons tuis, by ons tweede tuiste in Sete Quedas. ´n Aangename rit en ons was dankbaar om veilig tuis te wees.

Hasta la proxima.

Advertisements