Dit gebeur nie gereeld nie, maar op ´n dag, kruis jou pad, beplan of onbeplan, met ´n besondere persoon. Iemand wat jy dadelik weet, hierdie is ´n mens wat ´n verskil maak,  in sy omgewing, of waar ookal, hy hom bevind. Sommige, doen dit met gesag, wat grens aan brutaal wees , ander doen dit beskaafd, besadig en vriendelik, wat jou dadelik, tot hulle aangetrokke laat voel. So ´n persoon is Taeke Greidanus, wat ons die afgelope week, die voorreg gehad het, om te ontmoet en ons dadelik, met hulle gasvryheid oorweldig het. Dit is nou hy én sy vrou, Jenneken.  80 jaar oud en vol entoesiasme vir sy “aftreetaak”, die teel van uitstaande Dorpers en Texelaars, soos hy, hulle noem, asook ´n troppie van die inheemse skape, ongeveer 70 ooie, swart, wat hy aanhou om die genetika te bewaar.

DSCN1136

DSCN1162

DSCN1231

´n Lid van een van die ondernemende, ongeveer 70 Hollandse families, wat hulle tussen 1951 en 1954 hier by Castrolanda, in die Brasiliaanse staat Paraná, kom vestig het. Die reis van Holland, het hy meegemaak as “veegeleier” op die boot, wat dié mense,  se Frieskoeie en ander vee, hierheen gebring het. Duidelik, ´n goeie besigheidsman, het hy, nadat hy besluit het om nie langer te melk nie, verskeie ander beroepe gehad en sy landbougrond uitgebrei, wat deesdae, deur sy seuns en skoonseun bedryf word. Laggend, sê hy, toe hy destyds die grond, digby die dorpie, gekoop het en genoem het, dat hy met skape gaan boer, het sy skoonpa gesê  dat hy nog geen ryk skaapboer gesien het nie. Sy antwoord was, dat hy nie een hoef te sien nie.DSCN1171

DSCN1196

Die plaas, 128 ha, 70 ha weiding, 30 ha landbougrond, vir die plant van mielies vir kuilvoer, wanneer dít af is, word dit ook onder hawer en raaigras gesit,  en 28 ha natuurlike bos en die huis. Op daardie oppervlakte, is daar tussen 1500 en 2000 skape. ´n Pionier in intensiewe skaapboerdery, in hierdie wêreld, met nog baie potensiaal. Die dele onder weiding, is langs ´n rivier geleë en was vroeër moerasagtig en eintlik vir niks geskik nie. Dreineringslote is gegrawe en Tifton is aangeplant. Vandag, ´n paradys vir skape. In 30 kampies gedeel.  In die herfs, word raaigras in die tifton ingeplant wat vir genoeg weiding in die winter, tesame met die mieliekuilvoer, sorg.  ´n Interessante opmerking van Taeke, is dat die raaigras, in die lente, as dit sou begin saadmaak, platgesny moet word, want in renerige omstandighede, ontwikkel daar ´n fungus in die saadhalms, wat die ooie laat hoes en dan is prolapse van die uterus, ´n groot probleem. Parasietbeheer, word veral deur homopatiese middels toegepas en inentings, word gedoen, volgens wat vir die wêreld, aanbeveel word.

DSCN1148

DSCN1154

DSCN1192

 

Die eerste Dorper embrios, het in 1999 van SA gekom, in ´n gewone termosfles, gevul met stikstof en toegedraai in ´n kombers. Natuurlik voor die aanvalle van 09/11, toe kontrole baie strenger geraak het. Die meeste is afkomstig van Hendri van Wyk, Ben Grobbelaar, Philip Strauss, John Dell en  Mickey Philips. Taeke mis nie maklik ´n skou nie en die manne, was juis besig om die skape voor te berei vir die expo, soos dit hier genoem word, van die stad Londrina. Daarvoor, is daar ´n spesiale bus,  wat gebruik word, om die diere in gemak te vervoer. Ben Grobbelaar, sou as beoordelaar optree. Jammer ons het mekaar, met ´n paar dae gemis.

FSCN1207

FSCN1208

Goed om mense te ken, wat positiewe gevoelens uitstraal en wat op daardie ouderdom, nog lus is vir die dinge wat hulle wil doen en dan seker bevoorreg is, om die goeie gesondheid te geniet om dit te kán doen.

Hasta la proxima