Geruime tyd, speel ons met die gedagte, om ´n draai deur een van die buurlande, dit is nou Brasilië, Argentinië en Uruguay te ry. Hoe besluit jy nou eintlik? Waarheen? Vir die see, was ons nie werklik lus nie. Die vertrapping in die kusstede, het ons nie voor kans gesien nie, hoewel ons buiteseisoen kon gaan. Is strande oor die wêreld, nie maar orals dieselfde nie? As jy dit wil doen, klim op ´n bus, gaan verkaiing jou daar iewers op ´n strand en neem af en toe ´n bus toer,  na ´n nabygeleë, besienswaardigheid. Die binneland, was ons besluit.

DSCN0995

DSCN1070

´n Ruk gelede, het vriende wat in Brasilië getoer het, melding gemaak, van die bergpas, Serra do Rio do Rastro. Dít het indruk gemaak en geklink na ´n uitdaging, veral vir mense, wat aan hoogtevrees ly. Dit wou ons doen. Begin die kaarte bestudeer en sien toe, dat Treze Tilias, ´n dorpie, wat deur Oostenrykers begin is, mooi oppad soontoe is. Skynbaar ook iets om te sien. Google bevestig dit. Gereeld, het ons gehoor van Blumenau en Pomerode, Duitse invloed en Pomerode, skynbaar meer Duits as Duitsland self. Daarvandaan na Castrolanda, Hollanders, wat in 1953 daar gevestig het en onder andere ´n groot Dorperboer ook daar, het ons roete bepaal en die skaal, vir dié reis, in die guns van Brasilië laat swaai.

DSCN1075

Iewers, agter daardie berge, is Treze Tilias.

DSCN1010

DSCN1042

DSCN1036

 

Met die hulp van die onbekende vrou, voor op die paneelbord, (sy praat toe Afrikaans met ons, haar stem het bekend geklink, maar ons kon nie onthou wie dit was nie) het ons, in die pad geval. Ook, ´n les of wat oor haar geleer.  Vra haar die pad na ´n volgende bestemmng, maar as sy jou lei, oor ´n klein grondpaadjie, wees baie versigtig. Soms wil sy jou die kortste roete laat ry, wat nié noodwendig die beste een is nie.

DSCN1006

DSCN1015

Tot op die grens, was dinge vir ons bekend. Van Foz du Iguazu, neem ons die pad suid-oos. Mielies en nogmaals, mielies.  ´n Gesig, waaraan ons gou sou gewoond word. Die mielies, is ´n opvolgoes, nadat die somer reeds soja geoes is.  Groen. Plekke op die kaart, wat ons as klein beskou het, kom en gaan as stede, wolkekrabbers op die horison. Gelukkig neem die vrou ons verby die plekke en besef ons die omvang van die buurland. Dieselfde grootte as die VSA, byna net soveel inwoners en met die sewende grootste ekonomie in die wêreld, kan dit seker nie anders nie.

DSCN1052

DSCN1043

 

Ons ry deur ´n wynproduserende gebied, ook baie vrugte.  Ongelukkig is dit Sondag en die advertensieborde, langs die pad, lig ons in, dat hulle dan gesluit is. Wat nogal steurend is, is dat jy glad nie op die pad se skouer mag stilhou nie, wat sekerlik die veiligste is, maar so het die geleentheid vir baie mooi foto´s verlore gegaan.  Ook nooit besef hoe bergagtig die oostelike deel van die land is nie.

DSCN1055

DSCN1058

 

Laatmiddag, kom ons by Treze Tillias (13 Lindenbome) aan. Hotel Alpenrose is ons oornagplek. Vriendelik, soos oral, veral as hulle hoor ons is Suid-Afrikaners wat van Paraguay kom, dan kom die groot uitvra.Claudia, eienares van Alpenrose, praat nog Duits, seker eintlik Oostenrykse Duits, want dit was hulle wat daar gevestig het, maar slaan kort-kort oor na Portugees.  Díe plek is vir ons mooi en die moeite werd. Staan bekend as die Tirool van Brasilië. Suiwel wêreld. ´n Plek waar mens kan bly. Rustig, maar bedrywig genoeg. Die atmosfeer van Europa, nog voelbar.castrolanda 5

Volgende dag, nadat ons besigtig het, wat ons wou, val ons in die pad om die pas, wat een van die redes van dit toer was,  aan te durf. Ry ons deur ´n wyn- en vrugteproduserende gebied. Gelukkig, of dalk ongelukkig, het die mis toegeslaan, wat skynbaar gereeld gebeur, net toe ons begin om te daal. Die mis was so erg, dat ons net bewus was van die haarnaald draaie, maar glad nie van die hoogtes wat agter die muurtjie, langs die pad geskuil het nie. Dit was tog ´n belewenis. Google gerus Serra do Rio do Rastro.

Soveel meer foto´s, maar daar is seker ´n beperking.

Kyk uit vir die volgende episodes.

Hasta la proxima

Advertisements