Paasfees en chipas is sinoniem. Hierdie week word honderde duisende van chipas oor die land verorber. Paasfees word orals, omtrent op dieselfde manier gevier, maar wat Paraguay onderskei van ander lande, is chipas. Of jy ´n gelowige is of nie, jy sal chipas eet.

Die Woensdag voor Goeie Vrydag word daar gemeng, geknie en gebak. Stysel van mandiok (almidon), mieliemeel, witkaas, varkvet, eier,´n knippie anys en bietjie melk, is ongeveer die resep. In verskeie vorms word dit gemaak, maar die gewildste is die ring. Die tatakuas (houtoonde, dit beteken in die plaaslike taal, Guaranié, letterlik,  vuur in die gat) word aangesteek, die deegvorms op piesangblare gesit en wanneer die temperatuur reg is, word die kole uitgekrap en met lang houtspane word die blare in die oond geplaas en die opening toe gemaak. Gebak tot bros aan die buitekant, maar nog sag binne.

Die rede vir die groot bedrywiheid om die bak van chipas, is tweërlei. Eerstens word daar nie veel aandag aan die kook van etes gegee oor die Paasnaweek nie en tweedens om vir ander van die chipas te skenk. Die skenk van chipas is ´n teken van vriendskap en mededeelsaamheid. Die hele naweek vind daar ´n uitruiling van chipas plaas. Al kan die hele voorraad chipas nie opgeeet word nie, dink mens aan almal wat van hulle, aan jou, geskenk het.

Kort voor Paasnaweek is daar elke jaar ´n groot styging in die prys van veral witkaas en eiers. Tot groot ontsteltenis van almal, maar wat bak is die inwoners. Chipas is ook elke dag op die openbare busse beskibaar, wanneer die meisies met hulle netjiese klere en die groot mandjie met die chipas toegevou in ´n spierwit doek, hulle op die busse verkoop.

Mag ons dan,  aan almal wat naby ons is, hierdie Paasnaweek mildelik chipas uitdeel en ook ontvang

Hasta la proxima.