Die teleurstelling, was groot, so ongeveer twintig jaar gelede. Die lusern was onsuksesvol. Bykans al die boere, wat hulle hier kom vestig het, het lusernsaad saamgebring. Grondontledings en die bemesting, daarvolgens, ten spyt, was dit ´n mislukking. Ontkiem pragtig, groei aanvanklik baie mooi, maar dan, begin dit kwyn en raak net weg, byna soos, maar wag ek kan nou nie ander gewasse hier bysleep nie. Ons het almal aanvaar, dit is ons nie beskore nie. Ten spyte van die goeie klimaat, lekker diep, goed gedreineerde grond, wóu daardie gewas eenvoudig nie.DSCN0890

So ´n bietjie meer as ´n jaar gelede, kuier ons by die Britsfamilie, dié Dorpertelers van Paraguay, naby Caaguazu. Stap by Jaco se voerstroor verby en stu daardie kenmerkende en bekende reuk van lusern, in my neusgate op. Pragtige, groen baaltjies, met ´n komiese vorm. Onwillekerig dink ek aan Vaalspruit, toe die dam nog water gehad het en heel was en die besproeiing langs die Caledon. Dit is ook nie nou ter sprake nie.  Vra vir Jaco, nou waar kom die mooi lusern vandaan? Kan nie regtig sê nie en hy beduie in ´n suidwestelike rigting. Argentinië? Nee, hier in Paraguay. Bel maar net en bestel, vir die skouskape en die wat  effe af is, hospitaalkamp. Dit, toe nou maar daar gelaat.

DSCN0895

Die afgelope week, was ons weer bevoorreg, om vir tant Annie, Jaco se ma te gaan kuier, kan nie sê op te pas nie, want Jaco en Alta was Chaco toe. So 800 km van ons omgewing. Trek daar die 3 ton lorrietjie in met lusern. Jorgelina, wat die verkoop van almal se lusern koördineer, en haar drywer, Roberto. Kans om my nuuskierigheid effe te bevredig. Vanwaar? Sapucai, soos die kraaivlieg, ongeveer 90 km, ja dit is, suidwes van ons. Swart grond en ons plant al 30 jaar lusern daar. Variëteit?  Weet glad nie, as ons wil plant, oes ons maar saad van die winter se snysel wat ons laat los. Daardie komiese baaltjie? ´n Pers van hout, wat met ´n hefboom werk. Jy moet onthou, alles word met die hand gedoen. Gesny, met iets wat soos ´n sens is. As dit effe afgedroog het in die son, ry ons dit met oskarre na die skure en daar word dit droog, daarom die goeie kwaliteit. Trekkers kan ook nie daar werk nie, want daar is te veel stompe. Hoeveel hektaar? Weet nie. Sommige het so een of twee hektaar, dalk is daar vyftig hektaar wat in die omgewing onder lusern is. Hoeveel snysels per jaar? Ons sny elke maand, die van die winter, net bietjie minder per hektaar, maar ons sny.

DSCN0911

Hou hierdie spasie dop, vir meer antwoorde oor die raaisel waarom die lusern, so goed doen in daardie distrik? Dit behoort die moeite werd te wees, om daar ´n draai te maak, al is dit ook om te sien hoe daardie lusernpers bedryf word.

Hasta la proxima.

Advertisements