Ek het al iets in die rigting geskryf en dit is eerder ´n blog, wat by Landbou.com. tuishoort.

´n Mens, eerder ´n boer, wat tog ook maar ´n mens is, mag nie begeer nie, maar hieroor kan jy dalk droom en jou voorstel hoe ´n klomp lammerooie met, píepotte, soos Andries Marx altyd gesê het, tussen hul agterbene lyk.  Skuimbek lammers of kalwers, rondepens gesuip, van die oorvloed melk. Die lekkerste reuk van gekneusde gras, vee, as hulle gaan lê, wat behaaglik, ´n wind opbring, maar, helaas, dit is vir min diere beskore om dít hier te geniet. Dié oorvloed van weiding.

Hierdie deel van die wêreld is geen bewerking, dié manier van graan verbouing. Plantreste is noodsaaklik vir die sukses van die metode. So veel as moontlik daarvan. Plantreste, om erosie te bekamp, die verdamping van vog uit die grond te voorkom en die kwaliteit van die grond te verbeter. Die hoofgewas is soja, maar soja laat baie min plantreste. Die algemene aanbeveling, is dat daar ten minste elke 2e jaar mielies geplant moet word, vanweë die groot hoeveelheid droeë  materiaal, wat agterbly. Hier, in hierdie wonderlike landbougebied, volg die planters, direk na die stropers. In daardie vrugbare bo-laag, deponeer die presiessieplanters die saad. Die volgende gewas, moet die grond sou gou as moontlik bedek, om die onkruid te strem en die vog te benut, voor die son die grond uitdroog.

sete q, varke ens 084

10 ton hooi en 450 kg stikstof, verhoog die organiese materiaal in die grond, met 1 %, daarom is hierdie,  nie  ´n praktyk,  wat nie oornag, die resultate gaan lewer nie, maar wat oor die langtermyn, die volhoubaarheid van landbou verseker. Geen brandstofsuipende bewerking nie. Na die aanvanklike bewerking en gelykmaak van die grond, is dit slegs plant, dalk ´n slag of wat spuit, stroop en so herhaal die proses homself. Elke 3-4 maande, ´n nuwe oes, wat afgehaal word. Mielies en koring en gras, nie so winsgewend nie, maar tog elke keer ´n ietsie te maak. Meer as 20 jaar, is daar sommige produsente, wat hierdie stelsel volg, en die opbrengste is steeds besig om te verbeter. Beter variëteite, speel sekerlik ´n rol.  Almal bevestig, die spuit van onkruiddoder is besig om af te neem. Let wel, dit is nou vir daardie groenes, wat so lief is om die nadelige effekte van glifosaat, so onbeproef, uit te basuin.

DSCN0687

DSCN0696

Een van daardie dekgewasse, is die gras, Brachiaria ruziziensis, die begeerte van enige veeboer. Baie goeie kos, vir al wat herkouer is, maar hier, is dit hulle nie beskore nie en kan mens maar net droom oor daardie troppe,  wat wegraak, in die weiding. Elke sprietjie, sal net daar bly lê, om te dien as droeë materiaal, om die grond te verbeter. As dit droog is, sal die stroper verbykom, om ´n klompie saad in te samel, vir ´n volgende beskerming en vir ´n buurman of wat, wat sou saad kort.

DSCN0749

2013 julie canindeyu 038

Die ideale deklaag, vir die geenbewerkingplanter.

Die wêreld moet gevoed word, hierdie is een van daardie, broodmandjies.

Hasta la proxima