Sê Klaas nou die dag, dat die onderwysers, verantwoordelik is vir vandag se gebrek aan dissipline en afwesigheid van respek van die kinders. Dit, omdat die onderwysers, dit in hulle koppe inprent, dat niemand meer aan hulle kan raak nie. Nee, man, daardie blaam moet direk voor die deur van die ouers geplaas word. Ons weet dat dit, vandag, ´n misdaad is om jou kind te tugtig. Julle weet waarvan ek van praat.

sete quedas junie 2015 070
Bel ook ´n rukkie terug vir Attie, hoor dat hy hoogs ontsteld is. Nou wat nou? Een van die seuns, was nou net hier en jy sal nie glo nie. Ek moes een van my vrou se kalmeerpille neem. ( Is dit so, dat die Evasgeslag, meer kalmeerpille gebruik, as die mans?) Dit was ´n verligting toe hulle ry en hier weer rustigheid, in ons huis, kon neerdaal. Nooit gedink dat ek die dag sou beleef, dat ek verlig is, dat my kleinkinders die huis verlaat nie. Jy moet sien hoe het die huis gelyk en alles word net so gelos. Nie pa of ma sê iets nie. Daardie kreatuurtjies (Ja, dit is hoe hulle hier genoem word, creaturas) doen eenvoudig net wat hulle wil. ( Kan dink, daardie huis is altyd, om ´n goeie Afrikaanse uitdrukking te gebruik, spotless). Deesdae, moet hulle mos sielkundig opgevoed word.

Sete quedas jul aug 2015 155
Ek is seker, min van die lesers hier, het nie al soortgelyke, ondervindings gehad nie. Hier by ons is ´n TV advertensie, van die klein, mo——nt, verskoon die vreeslike woord, wat saam met sy pa in die supermark is, kort-kort iets in die waentjie sit, wat sy pa, dan terug op die rak sit. Die mannetjie se ontevredenheid, word al erger, totdat hy daardie grooot vloermoer gooi. Met ´n uitdrukking van spyt, haal die pa dan die pakkie, met kondome uit sy sak. Laat die vir julle ´n les wees, om nié die goed te gebruik nie. Tragies maar waar. Natuurlik, kan ek nie veralgemeen nie, daar is wonderlike, goed opgevoede, kinders, ook, oral.

Sete quedas jul aug 2015 181
Iewers, lank gelede, het een of ander wyse gesê: Maak jou kinders so groot, dat ander ook vir hulle lief kan wees. Vandag, is dit soms moeilik, dat ander, vir daardie tipe kind, kan lief wees, as selfs die ouers, daarmee sukkel. Verskaf, my nogal, die afgelope tyd, groot genot, om in openbare plekke, op ´n manier, bietjie dissipline, toe te pas. Sien ek daardie vloermoer, of ´n kind wat om een of ander onverklaarbare rede, so ´n stout huil gee, stap ek nader, vra effe bars, sommer in enige ander taal: Nou wat is jou moeilikheid? Die groot lekker, is om te sien, hoe die trane en uitbarsting, onmiddelik stop en die kind die veiligheid, van die pa of ma opsoek. Kwaai oupa. Hele paar, gracias señor, en stille uitdrukkings van dankbaarheid, al daarvoor gekry.

Sete quedas jul aug 2015 223
´n Ander wyse, het gesê, elke geslag verdien die een wat hy kry. Dalk, net dalk, sal hierdie bedorwe kindertjies , tog op die end, aangename jongmense en goeie burgers word. Wat sê die pedagoë, wat hier lees? Tina? Die foto’s wat hier by is, is van kinders wat onskuldig is en net omdat ek nie ´n blog kan plaas, sonder ´n foto nie.
Hasta la proxima