htpps://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

tuisdorp 1
Ons is bevoorreg. Twee, huidige, tuisdorpe. Nogal in twee verskillende lande ook. Ek veronderstel, dit is waaroor ons moet blog, die huidige en nié die tuisdorp van die verlede nie. Anders gaan dit darem te langdradig begin raak, as ek nou oor drie moes skryf. Die een in die vorige lewe, nee, ek glo in reinkarnasie nie, raak na 22 jaar, ook nou geskiedenis.
Díe een in Paraguay. Independencia, is eintlik nie regtig ´n dorp nie, maar ´n gemeenskap met ´n aangename supermark, vulstasies, werktuigkundiges, onderdelewinkels, dokter, tandarts, ingenieurswerk en kerke, maar daar is geen strate nie, amper sommer so langs die pad geplak. Eintlik val ons onder die munisipaliteit van Melgarejo, so ´n paar kilometer verder. Ek wil eintlik gesels oor die een in Brasilië, Sete Quedas.
Sete Quedas, is ´n tipiese plattelandse dorpie, soos ons in Suid-Afrika, gewoond was, van die reuse land, oppervlak gewys, dieselfde grootte as die VSA. Ongeveer 12000 inwoners. Dit is waar die vrou van die huis, ´n woonstel en huis het. Huis is verhuur en die woonstel, ons domein. ´n Aangename plek om in te bly. Mense vriendelik en hulpvaardig. Mense wat nog omgee vir mekaar. Sondae, kuier tyd. ´n Omgewing, waar kinders, nog kinders kan wees.

DSCN0371

DSCN0366
Moet dalk net noem, dat twee dorpe ter sprake is. Die grens tussen Brasilië en Paraguay, is hier ´n droë grens, maw daar is geen rivier, wat die grens vorm nie. Net ´n stuk niemandsland, van ongeveer 100 meter wyd. ´n Deel van daardie niemandsland, word beslaan deur sokkervelde. Sondagmiddag, ´n miernes van bedrywighede. Wedstryde word gespeel, veterane en jonges. ´n Voorbeeld van die spontane gedrag van dié mense. Stap ons dié Sondagmiddag, net na die afhandeling van ´n wedstryd, daar verby, my kamera altyd byderhand. Vra of ek ´n foto kan neem, van ´n paar wat staan en kuier, maar natuurlik. Begin die groot uitvra, wie en wat is jy? Verduideliking in my Spaans en hulle Portugees. Nee, ons moet darem ´n foto van jou saam met ons ook neem. Amper het die kuier ontaard, want wat van ´n bier?

tuisdorp 2

DSCN0383

RSCN0392
Aan die Paraguaanse kant, is daar die dorpie Pidoty Porá, vrye handelsgebied, baie aanloklik vir die Brasiliane met goedkoop elektroniese toerusting en daar is ´n heen en weer beweging oor die grens, geen kontrole nie. Mooi klinkende name, hierdie winkels, Queen Anne, Casa Rambo en Americana, onder andere. Wonder altyd, hoekom Queen Anne?

sete q, varke ens 039
Strooptyd, nee, deur die jaar, ´n beweging van vragmotors, wat die oes en implemente vervoer. Hierdie is een van die mees produktiewe landbou areas in die wêreld. Die Duitse invloed, is hier, soos in baie ander wêrelddele, baie sigbaar. Min van hulle kan nog Duits praat. Die praat van Duits, is gedurende die Tweede Wêreldoorlog verbied, maar daar is tog in sommige dele, die begeerte om daardie bande en die taal te versterk.

DSCN0415

DSCN0380
O, ja, dan is daar nog Cassino Las Vegas. Dit nou weer in Pindoty Porá, die deure nog ooit oop gesien nie. Seker net laat saans wat daar gedobbel word. Sal een aand my geluk moet gaan beproef, dalk is daar materiaal vir ´n mooi blog. Moenie iets verwag, soos die werklike Las Vegas nie.

DSCN0408
Vervoermiddels, van die nuutste modelle, nie baie uitspattig nie, tot die beproefde fiets, motorfiets en perde en perdekarre.

DSCN0357
´n Aangename omgewing om te woon. Groot genoeg, maar nie so groot, dat indien iemand ´n onbesonne daad sou aanvang, die hele dorp nie daarvan sou weet nie. Dít het die twee vooraanstaande dames, wat byna handgemeen geraak het, by die tweedehandse klerewinkel, wel gou besef.

DSCN0361
Vir my die grootste pluspunt van die omgewing is, die totale afwesigheid van rassespanning. Ten spyte van die bevolkinsamestelling, speel kleur geen rol meer nie. Dink, die groot samebindende faktor is die taal. Dalk ook die feit, dat die oorspronklike mense van Afrika, hulle kulturele bande en gewoontes, daar gelaat het en dat daar niks van, hier, te bespeur is nie. Dit geld ook vir alle ander tale en kulture, waarvan hier ´n magdom is, maar nou net Brasiliane is.
Hasta la proxima.

Advertisements