Kom ons so elke sewe na agt weke by ons woonstel in Sete Quedas, in Brasilië. Hou ons die vordering dop, van die huise, wat gebou word, op die leë erwe, naby ons. Eers die aftreeplekkie van Adaó en sy vrou. Ideaal dink ons. Klein genoeg, met net plek vir die nodigste, ontslae van al die kaggelkakkies. Makliker met die skoonmaak, veral as mens ouer word. Hulle is gelukkig, al die kinders en familie is in die omgewing. Niks groter nodig nie.

DSCN0342

DSCN0333
Die huis is nog nie eens klaar nie, toe sien ons daar word gewerskaf, op die erf langsaan. Eintlik sommer byna teenaan. Darem ´n nou gangetjie, tussen die twee huise, genoeg om enigiemand met engtevrees, soos die ou mense sou sê, die ritteltits te gee of te laat weghardloop. Duidelik is die munisipale regulasies, hier, baie anders. Op sommige plekke, gebruik buurhuise, somer gemeenskaplike mure. Daar sal seker nog ´n geut aangebring moet word, want die klein huisie, let wel dit is twee woorde, se water sal pal teen die ander huis se muur afloop.

DSCN0329

DSCN0335
Sien dat hierdie ´n ander kaliber huis is. Met verlede week se besoek, nog te gou om te sien, presies hoe dinge binne, inmekaar steek. Dalk is hierdie boustyl, nie almal se smaak nie, maar dit is tog mooi en modern. Die straataansigte is ook baie misleidend. Omdat die erwe lank en skraal is, lyk die huise van vooraf, baie kleiner, as wat hulle werklik is.

DSCN0365
Wat vir my opvallend is van die nuwe huise, wat deesdae in daardie omgewing gebou word, is die verskillende vlakke van die dakke. Geld speel seker nie ´n rol nie, maar dit is vir my as leek, ´n onnodigheid. Maak die konstruksie, baie duurder en ook die probleem van lekkasies, veral met die hoë reënval van hierdie wêreld, én omdat die meeste huise, dak teëls gebruik, maar dit lyk asof dit opgelos is met nuwe metodes van die dakke en mure voeg. As dit mode is, moet mens byhou! Die hoë dakke, is seker ook goed in hierdie warm klimaat, interessanter en minder eentonig, as die T-vormige en L-vormige huise, algemeen in SA, maar dat dit nie so ingewikkeld, hoef te wees nie, is seker. Dalk is ek nou maar net ´n knorrige ou oompie.

DSCN0363

DSCN0378
Hou hierdie spasie dop om die vordering te sien. Is hier iemand wat kan kan sê, dat hy al iemand met ritteltits gesien het?
Hasta la proxima.