Die Soet Naam van Jesus. (Dulce Nombre de Jesus) Dit is die amptelike naam van die kerk, geleë in die historiese dorp Piribebuy. 73 kilometer oos van die hoofstad Asunción. Die kerk is in 1753 voltooi, amper wil ek sê onder die Fransiskaanse orde se bewind, heerskappy of dan seker kerklike bestuur. Een van die grootstes van daardie koloniale era. Daar is nege van hierdie geskiedkundige kerke en hierdie een is in 1942 as nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

piribibuey 1
Onlangs is ons genooi na ´n huweliksbevestiging in daardie indrukwekkende ou kerk. Vir iemand wat nie baie bekend is met die Katolieke Kerk nie, was dit interessant om te sien wat se rol beelde, in die kerk se daaglikse roetine speel. Die groot hoeveelheid beelde wat in die kerk uitgestal is, getuig daarvan.

DSCN0486

DSCN0488

DSCN0497
Gedurende die laat 1990’s is daar herstelwerk gedoen aan die altaarstuk, wat gelei het tot groot onenigheid en later op ´n hofsaak uitgeloop het tussen die argitek, wat dit moes doen en ´n koerantverslaggewer. Dié werk was baie swak gedoen en het gelei tot onherstelbare skade, dit is die inligting, wat die tante, wat voor ons kom sit het, voor die senuweeagtige pa, sy glimlaggende dogter, die paadjie afstap, ons meedeel. Noem sy, hoe kwaad is die plaaslike inwoners, vir die argitek, wat ´n klomp geld van hulle weg het, vir die halwe, swak werk en materiaal wat hy gebruik het. Wens ek kon heelwat langer met haar gesels het, oor die ou kerk. Hoekom, as ons haastig is, ontmoet ons die mees interessante mense?

DSCN0494

DSCN0483
Duidelik, dat daar, daardie dae, geen tekort aan hout was nie. Deure, vensters, eintlik is daar nie vensters nie, maar net openinge met swaar luike, dakbalke, wat tonne van die swaar dakteëls kan dra. Die een preekstoel, aan die kant, herinner my aan die ou preekstoel wat in die ou kerk van Smithfield was en na die bou van die nuwe kerk, ´n plek in die Bloemfonteinse Museum gekry het. Die ou preekstoel van Smithfield, het natuurlik nie al die versierings van hierdie een gehad nie en was heelwat groter.

DSCN0490

DSCN0493
Ongelukkig, was daar nie tyd om die atmosfeer, wat in oomblikke van stilte, daar moet heers nie, te beleef nie. Die volgende paar en hulle gaste, was gereed vir die bevestiging en ons moes ry om by die onthaal te kom.
Hasta la proxima.