´n Bosryke omgewing. Drie kilometer buite die dorpie, Piribibuey, sien ons die onduidelike naambord, draai links en na ‘n kilometer en ´n half, sien ons die hekke voor ons. Duidelik iets anders.

DSCN0459

DSCN0460
´n Maand of wat gelede, is ons genooi na die huweliksbevestiging van die dogter van mede Suid – Afrikaners, by Hotel Topachi. Wat die betekenis van die naam is, weet ek nie. Dit wil Google nie regtig sê nie, gedink dat dit dalk een of ander Indiaan opperhoof was, maar skynbaar nie. Die internet, ja, alles is mos deesdae op die net, wys dat dit ´n aangename plek behoort te wees. Swembaddens, verskeie, en gerieflike slaapgeriewe. Nou waarom sal ons dit nie gaan bywoon nie. So 150 km van ons af. Die afgelop naweek, was ons toe daar.

DSCN0466

DSCN0458
Raak aan die gesels met Toni en Christine, die eienaars. Elf jaar gelede hier aangekom, nadat hulle moeg geword het vir die stres van die gejaagdheid van Duitsland. So, wou hulle nie die res van hulle lewens, slyt nie. ´n Hele paar lande ondersoek, onder andere ook Namibië en uiteindelik op Paraguay besluit. Hierdie eiendom van 44 ha gekoop en hulle huis gebou. Wys hulle, daar waar die restaurant en kombuis nou is. Toe volg ´n gastehuis vir vriende en familie wat kom kuier, en so het dit gevorder. Elke kort-kort nog een, een swembad en later en toe die woordversprei het, het dit ontaard in die hotel en onstpanningsoord, wat dit vandag is. Slaapplek vir 70 gaste. Wil julle nog uitbrei? Nee, wat, ons dink nie so nie. Op die oomblik hanteer ons dit gerieflik. Het julle nie maar weer amper soveel stres as in Europa nie? Neee! In die winter, as dit koeler is, is dit rustig en dan kan ons ook uitrus en die nodige onderhoud doen.

DSCN0440

DSCN0444
Terug na Europa? Nog ´n groot Nee. Daar is dit nou net elkeen vir homself. Meer as ´n miljoen kinders is honger. Die 750 Euro´s per maand, wat pensioenarisse kry is te min. Die liberales is besig om Duitsland tot niet te maak. Dit is tyd vir die Duitsers om strate toe te gaan en hul misnoë uit te spreek. Indien daar nie gou ´n verandering kom nie, is burgeroorlog die voorland. Ek wil nie langer hulle onderbreek nie en hulle voeg as laaste gedagte by: Weet jy dat Hitler se ouma se suster by die Rockefellers gewerk het?
Die tydjie daar, was aangenaam. Nou seker nie baie opwindende dinge om te doen nie, maar vir iemand wat wil rus, ideaal. Ook vir mense met klein kinders, want daar is ´n sembad vir elke grootte van kind.

DSCN0439
Nee, ek het nie geweet van Hitler se ouma se suster nie, maar ek wonder wie wil nou Phuket toe gaan, as Topachi so naby aan ons is.
Hasta la proxima

Advertisements