DSCN0375

Die grappie is mos altyd van die drie Afrikaners, wat op ´n eiland is en dan stig hulle drie politieke partye en vier verskillende kerke. Is dit ´n wêreldwye verskynsel van Christene om dit te doen? Opmerklik, in die meeste Suid-Amerikaanse lande, is die wegbeweeg van die Katolieke Kerk.

DSCN0350

DSCN0370
Brasilië, beleef seker die mees drastiese wegbeweeg na Evangeliese kerke. In 1970 was meer as 90% van Brasilië se bevolking Katoliek, volgens die 2010 sensus, (ek het nie vreeslik gesoek na jonger statistieke nie) het minder as 65% verklaar, dat hulle Katolieke is. Die gevolg hiervan, is dat daar ´n magdom kerkies in elke gemeenskap is. Sete Quedas, die dorp in die suid-weste van Brasilië, waarvan ons redelik kennis dra, met ´n bevolking van ongeveer 12000, het bv meer as 30 kerke. Sommige maar baie klein. Feitlik geen blok in die dorp, goed, dalk in elke tweede blok, is daar ´n kerkie. Van nederig, tot redelik uitspattig, marmer vloere en al.

kobus ansje kuier 028

kobus ansje kuier 025

sete quedas junie 2015 036

Sete quedas jul aug 2015 192
Dié wat nie meer katolieke is nie, is gesteld daarop en noem hulle self, cristianos. Weet nie of hulle daarmee bedoel, dat wanneer jy katoliek is, jy nie cristiano is nie. Dit wil voorkom of die meeste van hierdie nuwe kerke van die charismatiese beweging is. Sommige baie gesteld op tiende wat na die kerk moet gaan, ander maak meer op offers aan die kerk staat. Ek weet te min van enige van hulle om ´n opinie uit te spreek oor wesenlike verskille.

parana toer 007

Sete quedas jul aug 2015 154
Sokker is dalk nog dié belangrikste “geloof” hier. Corinthians, Palmeiras, Flamengo, Santos, Sao Paulo en Vasco da Gama het in elke gemeenskap hul volgelinge, maar indien die nasionale span speel, is daardie alliansie vergete en is dit net die nasionale span wat saakmaak.
Hasta la proxima.