0nderweg na die kinders, gaan ons gewoonlik, by die Pohlfamilie, naby die dorpie, Corpus Christi, aan. Warm en bedompig. Sê Monty, julle moet in die koelte stilhou, net nie onder daardie boom nie. Kyk op en daar hang hierdie reuse, snaakse vrugte, hordes van hulle. Sê hy, as hulle afval, kan hulle maklik jou windskerm breek, hulle is klein vanjaar, dalk omdat daar so baie is. Het af en toe van hulle in die supermark gesien, maar nog nooit beproef nie. Pluk soveel julle wil. Dít het ek beperk tot twee en een opgetel, wat ongeskonde gelyk het. Niemand is baie positief oor die smaak nie.

DSCN9930
Jackfruit, ook bekend as die brood boom, met die mooi klinkende botaniese naam, Artocarpus heterophyllus, is ´n lid van die moerbei en vy familie (wie kon nou dink, dat ´n moerbei en ´n vy, familie kan wees?) en kom oorspronklik van Suid en Suid-Oos Asië, dit nou volgens Wikipedia. Daardie vrugte, kan tot 35 kg weeg. Daar is baie te lese, vir die wat sou belangstel.

DSCN0064
Tuis, die 3 vrugte, mooi opgepas en met ´n arendsoog dopgehou. Díe een, wat hard met moederaarde kennisgemaak het, was gou sag. Duidelik, dat hy onbruikbaar was. Geduld met die ander twee. Die vrou van die huis het meer ondervinding. Ons wag, tot sy dink, nou is die oomblik. Nommer twee, droog, dalk te gou gepluk. Nommer drie, meer sukses, maar teleurstelling. Baie min eetbare vrugte, vir daardie knewel. Die smaak, nogal baie lekker. Soet, iets herinner aan ´n bekende vrug, maar wat? Die tekstuur van ´n lietjie, ook met ´n pit aan die binnekant. Waarde vir geld, weet nie?  Die eetbare vruggies, gekonsentreerd aan die onderkant van die vrug, tussen ´n klomp weefsel, versteek.

DSCN0065

DSCN0070
Per toeval, loop ons verlede week in die strate van die Argentynse stad, Posadas en daar by ´n groente- en vrugtewinkel, sien ons hóe goed daardie vrug werklik is. Behalwe al die goeie minerale en spoorelemente, wat die vrug bevat, bevat dit ook sildenafil, dit is nou wat hulle daar sê, wat dié aktiewe bestanddeel van viagra is. Verder is die volgende siektetoestande ook behandelbaar met sekere dele van die plant: Asma (blare), antidiaree (gom van die stam), pink eyes (aftreksel van die gekookte blare), diabetes (aftreksel van die blare en die skil), purgasie (gekookte aftreksel van die wortels, pasop nou net, moenie deurmekaar raak met hierdei en die gom van die stam nie), hipertensie, die are en asma (aftreksel van die blare). Hoop nou nie daar is artse, wat hier lees en dié, dalk die skrywe probeer verbied nie, want al hierdie goeie medisyne, gratis en verniet gaan ‘n paar van hulle beroepe, ontneem.

DSCN0171
As die manne, of sommige van hulle, nou skielik hierdie jak begin soek, weet ons dat hulle die blog gelees het. Dalk kan daar van die dames wees, wat die mans, aanmoedig om te lees. Indien die aanvraag dit regverdig, kan ek ´n klompie boompies uitvoer.
Hasta la proxima