Om te veralgemeen, is gewoonlik nie die gewenste ding om te doen nie en kan baie bedrieglik wees. ‘n Rukkie gelede, het een of ander slim opname gewys, dat die Paraguane, van die gelukkigste mense op hierdie aarde is. Ek twyfel soms oor die motiewe van hierdie soort van ding, maar ek het nie opgelet waar die Brasiliane in hierdie lys val nie. Wat ek wel weet, is dat die Brasiliane, baie van hulle, meer spontaan is as baie van die Paraguane. Geen wetenskaplike opname nie, net persoonlike siening. Dit is nou na aanleiding van ons kontak, met beide volke en tale, moet bysê, die mense met wie ons kontak het, is op die platteland.

DSCN9684
Baie spontaan en vriendelik, dit is nou die inwoners van die dorpie, Sete Quedas, Brasilië, waar ons gereeld kom. Nou dat ek daaraan dink, die meeste Brasiliane is so. Ons staan uit as buitelanders, dit hoor hulle as ons ons monde oopmaak. Duitsers (Alemao)? Nee. Nou waarvandaan is julle? As hulle hoor, groot verbasing, maar julle is dan wit. Dan besef mens die onkunde oor ons land van afkoms. Vra een eendag, is dit nou naby Egipte? Ek sou dink, die naam van SA moet tog redelik beskrywend van die ligging wees. Onkunde, die gebrek aan die studie van aardrykskunde? Dat hulle ´n gesels wil aanknoop, is gewis.

RSCN9682
Vriende van die kinders daar, nooi ons elke keer om by hulle te gaan eet. Met die voorlaaste besoek, is dit toe sulke tyd. By Edinaldo en Lenir, lekker gekuier, informeel en baie groot gesels. Potgebraaide varkvleis, slaaie en natuurlik, knoffelbrood.

DSCN9688
Opmerklik van hierdie wêreld, talle huisnywerhede, klein skaal. So bedryf Lenir, ´n broodbakkery. Elke dag ongeveer 80 tuisgebakte brode. Sy het ´n vaste kliëntebasis, wat haar brode verkies, want hulle weet die kwaliteit is reg. Elke oggend vroeg opstaan, 4 uur, sodat die warm brode reg is vir ontbyt. Twee oonde waarin sy bak. Een, houtverhit en die ander, gas. Edinaldo, in die konstruksiebedryf.

DSCN9674
Die taal, die taal, die nuwe taal, is maar ´n probleem. Altyd gedink, dat as mens ´n kennis van Spaans het, sal Portugoose redelik maklik wees. Groot misverstand. Daar is woorde, wat dieselfde is, MAAR die uitspraak én die ander woorde, maak dit vir my moeilik om hulle te verstaan. Hulle verstaan, ongeveer, my Spaans, maar as hulle antwoord, sukkel ek en hulle sien gou die onkunde in my oë. Die feit, dat hulle op die grens van Paraguay is, beklemtoon die oorheersing van die Braziliane in die gebied. Net Portugees, aan die Paraguay kant ook. Ons  werk daaraan, die Portugees,   dit sal verbeter.
Dalk ‘n ander spraak, effe van ´n kultuurverskil, tog ook mense met dieselfde waardes as ons. ´n Ouma wat ook haar kleinkinders op haar selfoon het en hulle trots aan ons vertoon.Vriendelike mense, met wie mens kan vriende wees.

DSCN9670
Wil van môre af, so bietjie die noordoostelike deel van Argentinië besoek. Dalk kom daar later ´n blog of wat, daaroor. Dít is nou, mits die reën ons toelaat, want hier is veral langs die Paraguayrivier, groot drama, met die waters wat uit die walle klim en grootskaalse oorstromings veroorsaak. Gelukkig, is ons hoog en word nie beinvloed nie.
Hasta la proxima