Daar is baie van hulle op ons paaie. Soms voel dit, vir die gewone padgebruiker, hopeloos te veel. In die sentrale gedeelte van Suid-Amerika, die broodmandjie van die wêreld, is hulle, ´n baie belangrike skakel om soja, mielies, koring, ja alles wat geproduseer word, van die land tot by die graansuiers (silo´s, soos hulle hier genoem word) en van daar weer tot by die verwerkingsaanlegte en die hawes te kry. Suikerriet tot by die fabrieke, wat alkohol of suiker maak. Vragmotors, of camiones.

ipad foto´s 260

camioneros 3
Ongeveer, 27 ton, gelaai. Beweeg hulle heen en weer. Soms, ´n steen des aanstoots, maar hulle belangrikheid vir die ekonomie, maak dat die publiek, daarmee, moet verlief neem. Van ongeveer 3 miljoen hektaar (Paraguay), word daar 16 miljoen ton graan gelewer, wat gedurig geskuif moet word. Dink aan die omvang, waar Brasilië meer as 80 miljoen ton lewer. Oor paaie, wat nie altyd op standaard is nie. As gevolg van die hoë reënval, is die kleiner paaie, baie keer ´n ware nagmerrie. ´n Werk wat die geduld toets. Ongereelde ure. Ure, dae om te wag by die silo, rye vragmotors, wag by die land, weer wag by die hawens. Wag vir die reën om op te klaar, die pad om af te droog. Ver weg van die huis. Sukkel, nat pad en die gevaar, op die grondpaaie, van die pad af te gly, nou, onveilige hout bruggies. Wag vir ´n trekker, ´n groot trekker om uit te sleep. Dag én nag.


Vragmotors, goed toegerus vir die wag. ´n Spesiale kissie onder die pens van die sleepwa. Eetgerei, ´n gasstofie. Basiese kosse, van die manne, kan baie gou, ´n heelgangbare ete aanmekaarslaan. Houer om water koel te hou en ´n tenk vir ekstra water. ´n Redelike gerieflike slaapplek, agter die sitplekke. Hedendaagse kommunikasie, maklik om kontak te maak met die geliefdes tuis en waarheen om te beweeg. O, ja, natuurlik het elkeen sy hangmat ook daar, sommer onder die wa se pens, vasgemaak om die koelte en dalk ´n ligte briesie te geniet, dit is nou as daar gewag moet word. ´n Goeie klankstelsel, vir die eentonigheid van die langpad, die aanmekaar gebrom van die enjin en vir die wag.

IMG_2595
Vra nou die dag vir Jorge, hoe word julle betaal. Verskillende maniere. Soms per vrag, gewoonlik vir soja, persentasie van die waarde van die vrag. Klink vir my ingewikkeld, maar hulle weet en lyk redelik tevrede. Moeilike lewe? Julle is so baie weg van die huis af? Ag, ek doen dit al 28 jaar en is gewoond daaraan. As dit baie reën, is ons darem weer tye by die huis, wanneer ander moet werk en die señora is gewoonlik bly om my weer te sien., sê hy met ´n glinstering in die oog.

DSCN9831
Die volgende sojaoes, lyk baie belowend. Met die natuur, weet mens natuurlik nooit, maar dit lyk asof die manne  besig gaan wees, oor ´n maand of twee.
Hasta la proxima.

Advertisements