Goeie dag, Oompie Winter,
Moet asseblief níe, hierdie aanspreekvorm, vertolk as ´n teken van gebrek aan dissipline of respek nie. Ons ouderdomsverskil, maak dat ek jou met die nodige eerbied, moet bejeen. Dit is maar my manier hoe ek met mense, veral ouer mense, vir wie ek die hoogste agting het, gesels.
Ek glo dat dit jou ter ore gekom het, toe ek en my vriend, Cornelius, ´n klompie jare gelede besluit het, dat ons darem nie in die somer kan kla oor die hitte en sodra die winter daar is, weer oor die koue kan kla nie. Mens moet mos darem besluit wat is die beste vir jou en dán kan jy oor die ander een kla. Ja, ek weet, daar is van my stedeling vriende, wat sal sê, ag julle boere moét altyd kla, so julle kan maar oor alles kla, ook met die witbrood onder die arm. Wat, natuurlik nie waar is nie, maar daaroor gaan ek nie nou, met jou, gesels nie.
My keuse van kla, het destyds op jou, oompie Winter, geval. Die eerste kouetjie, afkomstig van jou, het gesorg dat ek, met die ou neus begin sukkel. Die jaarlikse sinus, bot toe, daardie ou asemhalingsapparaat. Kos geen smaak nie, slegte nagrus, as gevolg van daardie toe neus, wat later omsit in erge hoesbuie en daarvoor het jy al die skuld gekry. Die afgelope winter, het dit geblyk, alles vals te wees. Daar het iets heeltemal anders, hoe ongelooflik dit ook geklink het, agter daardie probleem gesit. Dít is effe van ´n teer sakie, maar dit moet uit.
Ag en daar is my hele skrywe in sy maai. So pas verneem van ´n bekende, Carima Barnard, met wie ons baie saam tennis gespeel het op Dewetsdorp, wat vermoor is. Sterkte aan die Goosens en Adriaan Barnard.
Hasta la proxima

Advertisements