Seg ek vir myself: Jy moet nou mooi trap. Die meeste lesers én deelnemers hier, by WordPress is dames en jy moet nou nie hulle argwaan vir jouself op die hals haal nie. Ek kan dus nie veralgemeen en sê dat vrouens oral dieselfde is nie, maar soms is hulle optrede, soos wat dit dames betaam. Afhangende van wat hulle aandag trek en wat hulle in hul klerekaste moét he, tree hulle nie altyd, soos dames op nie. Dalk net sommiges.

RSCN9646
Die dorpie, Sete Quedas, beleef elke Saterdag van die maand, ´n opgewondenheid onder die, meesal, vroulike geslag. Die vorige paar dae, is die winkel, Veste Bem van Adrielle, gesluit. Bot toe. Dan is daar binne die winkel, ´n groot gewerskaf, want daar het nuwe klere aangekom en die word gerangskik en uitgehang, reg vir Saterdag se stormloop. Alles, gebrukte klere, nee nie alles nie, ek dink daar is fabriek afgekeurde ware ook, in die mengsel, maar baie bruikbare ware vir enige normale huishouding.

DSCN9626

DSCN9620DSCN9629
Voor sewe, begin hulle opdaag. Soos by ´n tipiese uitverkoping. ´n Vrolike geskerts en gelag. Die Brasiliane, is oor die algemeen spontaan en vriendelik. Die oomblik as daardie deure oopgaan, is dit soos ´n damwal wat bars en druk en beur hulle, om in te kom. Alle kleure, ek kan nie sê geure nie, want jy kry nie mense wat ruik nie (ek weet, ek weet, nie nodig om my te beskuldig nie), groottes, kleintjies, gesettes en maeres. Armes en sjiek uitgevatte dames. Oud en jonk. Meesal vroulik, sommige met kinders, hier en daar jong mans en tantes, wat half onwillige mans saamsleep, om hom te oortuig om van daardie verslete lekker-dra-klere ontslae te raak en iets beter te kry. Pryse baie billik. Met die ingaan, word elkeen met ´n blou inkopiesak toegerus.

DSCN9632

DSCN9635

DSCN9630
Leë hangers op die vloer, ´n teken dat heelwat klere, in ´n blou sak beland het. Die ou swart hondjie, wat tussen die mense, op soek is na sy familie, half verboureerd. Alles verloop rustig, al is daar ´n voortdurende beweging. Nie soos ´n maand of wat gelede, toe twee van die voorvroue van die dorp, mekaar byna te lyf gegaan het oor iets, waarin beide, belang gestel het nie. Dít was nou die besprekingspunt van die jaar!
Wanneer ons huiswaarts keer, met ons blou sak, wonder ek, waar kom al hierdie baie goeie klere vandaan. Daar moet mense wees, wat hulle uitrustings, elke kort-kort verander en waar geld sekerlik nie veel van ´n rol speel nie. Dit gee gelukkig, aan die wat dit nie so mildelik het nie, die geleentheid, om goedere te bekom, wat nog lank diensbaar kan wees.
Hasta la proxima