Ek het nogal altyd gedink, ek sal hier, veilig wees. Dié omgewing, is nie, ideale sojagrond nie. Te veel sand, nie daardie diep rooi leem, wat so mooi vir soja is nie. Ek was so handig vir die baas, was altyd lekker vir hom, om met die bees hier te werk. Gras, ja, dit het baie goed geaard. Brachiaria brisantha, dit het gegroei, welig. Sommer sulke breë, plat blare. Die lekkerste reuk, as daardie osse, aan die vreet is, hier om my. Niks wat kom by die reuk van malse groen weiding, wat gekneus word deur die pote en bekke nie.

DSCN9581

DSCN9582
Die baas het die gras, elke jaar, gebruik, om sy mooiste ossies op af te rond. Hy het daarvan gehou om bietjie te spog. Omdat dit langs die pad is, het almal hom altyd gekomplimenteer met sy mooi osse. Ek weet daarvan. Die slagters wat hier gekoop het, was baie tevrede en hulle het altyd tou gestaan om van hom te koop. Deel van daardie sukses, was my goeie ontwerp en die feit dat dit aangenaam was om met die vee hier te werk. Met die skaal, het hy presies geweet wat is die gewig van elke dier, prys per kilogram/ lewendegewig, het dit maklik gemaak vir koper en verkoper.
Helaas, dít het alles verander. Verlate en vergete. Hy, die baas, het ons net so gelos. Uitgelewer aan wind en weer.

DSCN9584

DSCN9585

Gedink dat my hulpvaardigheid in my guns sou tel. Geen onderhoud meer nie, nie eers ´n bietjie ou olie en teer om my hout te beskerm nie. Van die planke wat los is, word maar net so gelos. Ek en die skaal, uitgelewer, aan wind en weer. So ook die soutkrip, hier neffens ons. Gelukkig, is hy darem naby en kan ons af en toe ´n paar woorde wissel. Hy is ook maar hartseer oor die toedrag van sake. Weet nie hoekom breek hy, die baas, nie maar alles af nie? Dalk, net dalk, is hy nie seker nie. Dalk dink hy dat hy ons wel in die toekoms, nog hier sal wil gebruik en dat ons tog herstel sal word. Hulle het nou die gras hier doodgespuit, daardie vervlakste onkruidspuit, wat alles spuit vir die voorbereiding van die sojaplantery. Hoop nou net nie hier is iewers ´n verdwaalde vuurhoutjie nie, dan bly daar van ons net as oor.

DSCN9580
Ag, ons moes dit seker sien kom. Hier op die knop, waar ons is, het ons ´n goeie uitsig oor die omgewing, het ons gesien hoe die soja, kol-kol, begin naderkruip. Ek haat die geluid van die trekkers hier om my, met hul stinkende rook en daardie onkruidspuit. Ga!
Hasta la proxima.