Twee of meer rye, afhangende hoe groot sy bedryf is, bruin, druppende lekkerte. Om en om draai hulle, om eweredig gaar te word. Die wat reg is, om gebruik, verorber, te word, heel bo. Die reuk van braaihoender vul die hele omgewing. Baie nuttig om enige honger klient te te lok, veral hier om die etensuur, wanneer daardie ontbyt, se kragte uitgedun is. Natuurlik, net so goed vir aandete ook.

DSCN9525
´n Pollo, braaihoender, op die straat gebraai. Hoender, wat nog soos hoender smaak. Dink dit is omdat die proteiënbron, soja is en nie vismeel, soos in sommige lande nie. Ook nie gespuit met soutwater nie. As iemand sê: Kom ons bestel of gaan eet ´n pollo (uitgespreek poljo, dit is hoe daardie dubbel el, uitgespreek word). Dan is daar gewoonlik baie min wat teëstribbel. Goudbruin en vuurwarm, al draaiend, gereed om die kwylmond en die hongerpyne te stil. Ingesluit, outomaties, ´n goeie klompie mandioka. Om weg te neem of sommer net daar te eet, by heelwat van hierdie braaiplekke. ´n Slaai of wat, is opsioneel, so ook sopa paraguaya, ´n gereg gemaak van groenmielies, van die stronk afgesny.

DSCN9528

DSCN9526
Van ons eerste besoek hier, nou langer as 20 jaar gelede, het ons hierdie openbare kosvoorsiening, sommer so op straat, baie geniet. Juis, met daardie besoek, het ons vriend Adriaan, een aand, nadat ons redelik pootuit was, na ´n lang dag, weggelê aan so ´n hoender, dat hy van die vet besmeer was van sy ken, tot die punt van die neus, om nie te praat van sy wange nie.

DSCN9533
Elke kok, van so ´n polleria, het natuurliks sy eie resep, sommige goed bewaar, ander gee nie om om dit te deel nie. Lyk vir my of ´n goeie resep die volgende sou wees: vir ´n braaihoender van ongeveer 2 kg. 1 lepel komyn. (ons het gevind, dat dié mense, baie lief is vir komyn, vir ons self, verkies ons soms om dit weg te laat) 1 teelepel peper. 3 knoffelhuisies, fyn gedruk. 1 lepel origanum. Die sap van 2 lemoene. 4 lepels botter en sout na smaak. Meng alles in ´n voedselverwerker. Was die hoender en maak goed droog. Smeer hierdie mengsel aan die hoender, binne en buite. Bedrup gereeld terwyl die hoender braai of in die oond bak. Hierdie, is die resep van Carlos. Hy beduie, dat hy die werk al 14 jaar doen en dat sy hoender die beste in die dorp is. Syne is beslis, baie lekker. Die kok in die huis, kan lekker eksperimenteer, want dit behoort net so goed in ´n oond te smaak. Sojasous, worcestersous, bietjie kerrie, suurlemoensap, uie fyngemaak in die voedselverwerker, alles bestanddele wat bygevoeg kan word. Wat van ´n lekker vulsel? Wie is ek tog, om hier, vir enigiemand, te probeer leer?
Tyd dat ons weer by Carlos, ´n draai maak. Belowe dat ek geen bestanddeel uitgelaat het nie en dat die resep nie in ´n kas toegesluit is, wat 4 sleutels nodig het om dit oop te kry nie. Die regte hout,  vir jou vuur, volgens Carlos, is baie belangrik en ek sien dat hy nie graag daaroor wil praat nie. Sy goeie reg.Dít, sal ´n heel ander smaak gee, as die een wat in die oond gebak is.
Hasta la proxima.