Kleintyd, kindertyd, was dit in ons huis, ouerhuis, nie aanvaarbaar, volgens die ouers, om van mense, as die of daardie klas mens te praat nie. Hulle manier, dat ons as kinders, nie moes neersien op ander nie. Nou wonder ek, as ek vandag, mense sou klassifiseer as ons normale sterflinge en ander as wêreldburgers, ja, hulle is seker ook maar op die end normale sterflinge, of die ouers sou kla oor dié klassifikasie.
Ons was bevoorreg, om so ´n wêreldburger, hier in ons omgewing, te ontmoet. Soos die plaaslikes, sou sê, ´n regte “Jankie”. Nogal van Texas ook, die stad Harlingen, op die grens van Mexico, maar niks van daardie tipiese Texas grootdoenerigheid, waaraan ons veronderstel moet wees, om aan gewoond te wees nie. Weldon Mauney. ´n Man met eiendom en besighede, op verskeie plekke op hierdie aarde en ´n man, plat op die aarde. Joviaal en opreg, stel belang, in jou as mens en ander mense.

RSCN9579
Dít is duidelik sy passie. Een vraag in daardie rigting, skuif hy hom lekker reg in die gemakstoel, jy voel dat hy wil gesels daaroor en bereid is om sy kennis te deel oor die onderwerp. Soos hy lekker en spontaan kan gesels, oor baie ander temas ook. Palms, dit is sy bedryf, vanaf 1990. Kyk hier, wat hom, in Harlingen besig hou. http://www.wpalms.com/
Hier plaaslik, en in ander lande, het hy verskeie besighede in die landbou-veeartseny bedryf. Sy welsynswerk is veral daarop toegespits om hulp te verleen aan hulpbehoewende kinders, om verder te studeer. Hy hang dit nie aan die groot klok nie, maar verkies om dit te doen deur ´n kerklike organisasie.
´n Voorreg om hierdie positiewe, vriendelike mens as vriend te hê.
Hasta la proxima.