Taamlik lank gelede, het ek ´n Ingelse skoonsuster gehad, daarby bedoel ek nou een van Engeland. Sy het daardie spreekwoordelike “peaches en cream” vel gehad, was baie vriendelik, en die familie, het van haar gehou, alhoewel sy geen woord Afrikaans kon praat nie. My ou broer, het natuurlik, misbruik gemaak van daardie onkunde en haar allerhande minder mooi dinge,  geleer. Ek wil nou nie oor haar skoonheid gesels nie, maar oor die geskenk wat sy vir my gebring het, soos vir al die broers en susters iets van Engeland, nadat sy na SA verhuis het. Weet nie of enigeen nog weet wat hulle ontvang het, of selfs hulle geskenke, het nie? Het destyds gedink, seker nou nog, dat dit, ´n besonderse geskenk is.

Smithfield-meatmarket-large
Myne, is die afgelope tyd afgestof en weer in werking gestel, nadat dit vir ´n baie lang tyd dormant in die kas gelê het. Die blou en wit voorskoot met Smithfield, groot voorop, gedruk. Die Smithfield, het nou niks te doen met my ou tuisdorp nie, maar verwys na die groot vleismark in Londen, wat ook Smithfield heet. Die hooffiguur, die ou bebaarde slagter, wat besig is om ´n varkkarkas met sy vleisbyl te halfveer. Allerhande ander vleis produkte ook te sien. Goeie kwaliteit materiaal, waarvan hy gemaak is. Die foto van Smithfield se vleismark, is van die internet gegaps.

DSCN9516

DSCN9514

Nou nie dat hy so baie gebruik is nie, want op die ou tuisdorp, is hy slegs een dag per jaar gebruik en dit was met die steakbraai, toe daar nog skou gehou is. Die uwe, was toe lid van die braaispan, op wie se skouers, daardie takie gerus het. Helaas, is die meeste skoue, in daardie omgewing, nou ook maar net deel van die geskiedenis.
Met die, dat hier nou ´n varkboerdery tot stand gekom het, let wel, nie myne nie, is daar weer ´n nut vir die ou voorskoot gevind. Die varkies, moet binne die eerste paar dae, yster gespuit word en hulle tandjies moet geknip word, sodat hulle nie die sôe se spene, beseer nie. Soms, kan hulle die persoon, wat hulle vashou, se klere beblerts. Om dít voorkom, word die ou voorskoot nou weer gebruik, want hy kan maklik skoongemaak word.

DSCN9521
Die huwelik, het nie baie lank gehou nie en skoonsuster, is terug na Engeland. Van die susters, het kontak met haar gehou en sy het gevorder, tot lid van die Britse Parlement.
Dit is nou my verbintenis met Smithfield in Engeland en met die Britse Parlement, maar sy het ongelukkig, intussen, haar setel verloor.
Hasta la proxima.

Advertisements