Dít, is altyd, ´n aangename aand. Gesels, genoeg te drinke én te ete. Lekker en smaaklik. Grappies en sing. Ou vriende en familie, van die omgewing, maar heelwat van elders, wat kom deel in die genotvolle aand.

claus se verjaarsdag 002
Gisteraand, het die buurman, weer sy verjaarsdag herdenk. Vleis was daar, soos gewoonlik genoeg. Vra hy nogal verskoning, dat daar geen skaapvleis is nie, wetend dat dit vir ons, altyd ´n groot lekkerte is. Dit, is my broer, Horst, baasbraaier en caipirinha menger, se skuld, hy het nie ´n skaap geslag vir die geleentheid nie, maar die verskoning is aangeneem, omdat hy net ´n paar dae vroeër terug gekom het, van Duitsland, van die twee jaarlikse familie “treffen” daar. Volgende jaar, sal daar weer, skaapvleis wees. Vleis kom nie in ´n opskepbak, soos ons daaraan gewoond is nie. Van die vuur, op daardie spies of op ´n houtbord, word dit in kleinerige porsies gesny en aan tafel bedien. Geen homp vleis, wat in jou bord beland en kans het om koud te word nie. Miskien meer werk vir die braaier, maar ´n baie goeie gebruik.

claus se verjaarsdag 026

claus se verjaarsdag 014
Opmerklik, hulle is die laaste wynmakers, wat nog oor is, in die omgewing. Gewoonlik genoeg van hulle eie wyn, net duskant asyn, wat hulle verdun met sodawater. Nie een bottel te bespeur nie. Net Argentynse wyn. Dié vertakking van die boerdery, sal seker ook maar tot ´n einde kom, sodra die oupa, nie meer daar is nie. Te verstane, want dit is geen ideale wynbou omgewing nie. Die gewilde drank van die aand, Caipirinha. Mengeldrankie, van Brasiliaanse oorsprong. Alkohol, met fyngesnyde heel suurlemoen, suiker en ys.

claus se verjaarsdag 017

claus se verjaarsdag 025

claus se verjaarsdag 031

Nagereg, heerlike Duitse gebak. Die roomkoek met die aarbeie, baie lekker, maar die aarbeie doen eintlik afbreuk aan die lekkerny. Die algemene konsensus is, aarbeie is nie meer wat hulle was nie. Hulle hou seker langer en hulle rooi, is meer rooi as vroeër, maar soet, is hulle glad nie meer nie. Eet mos maar met die hoop, dat die volgende een, soeter sal wees. Koffie en dan vang die singery in alle erns aan.

claus se verjaarsdag 035
´n Aangename ontspanne aand, met mense wat al ´n lang pad saam loop en mekaar verstaan en aanvaar. Behaaglikheid van die ete en drinke, maar dalk iets vir die overdaad, anders slaap mens nie goed nie.
Hasta la proxima.

Advertisements