Bykans, elke keer as ons in ons dorpie kom, seker eintlik in die supermark, want dit is daar, waar jy die mense raakloop, sien ons vreemde mense. Met mense, bedoel ek eintlik, Duitsers of ander van die oostelike deel van Europa. Hulle staan uit, soos ‘n seer duim, soos ons ook seker twintig jaar gelede, toe ons hier gekom het, opsigtelik was. Onsekerheid by die koop van iets, wat nou nie heeltemal die normale is nie. Die daaglikse huishoudelike aankope, is globaal dieselfde, maar dit is nou nie waaroor die skrywe gaan nie.

039 021 020 013
Dit is duidelik, as die mense die skuif maak, dat hulle, seker nie almal nie, hulle vraghouers, vul met baie onnodige dinge, wat hulle hier wil kom smous. Dalk om ‘n vinnige sakgeldjie te verdien. Glo darem nie dat hulle dink dat daardie negosieware nie hier beskikbaar is nie, want die meeste kom maak darem ´n draai of wat, voordat hulle die besluit neem. Nou wonder ek, wat sou die motief wees, om, ja noem dit maar op die naam, soveel gemors te bring? Hier en daar, tog iets wat ´n versamelaar se aandag sal trek. Agter in die erf, die miniatuur karavaan. Hy lyk effe “top heavy”. Wonder of iemand hom maklik gaan koop?

042

017

035
Egte silwer en plastiek, skooldinge, potlode en kryte. Bottels en glas. Gebruikte klere en skoene. Kabels, ou selfone en hul laaiers. Wie sou tog nog daarin belangstel, hierdie dae van die modernste Iphones, Samsungs, Android en Jelly Beans. Ysskaatsstewels? Die naaste skaatsbaan, seker duisend kilometer weg. Sommige dinge splinternuut, ander verslete en gebruik. Boetie se “Leder Hose” (leerbroekie, tradisioneel in Duitsland) met die beertjie motief.

012

022

Het ´n vermoede, dat emosie en sentiment, mense noop, om afgeleefde gebruikartikels, in daardie vraghouers te plaas. Dit maak die skuif tog effe makliker om ou bekendes, daagliks om jou te sien. Maak nie regtig sin nie, want daarmee saam, kom die nostalgie, herinneringe en verlange.
Later oor die georganiseerde Vlooimark, elke Saterdag, die sosiale geleentheid van die week.
Hasta la proxima

Advertisements