Hierdie is oor landbousake. Soos Tina, altyd sê: As dit jou verveel, hou maar net verby.
Ons Kanadese vriendin, Maureen, het onlangs haar jaarlikse besoek aan die familie in Kanada, gebring. Sy weet, nou al, om vir my ´n paar Kanadese landboutydskrfte te bring. Altyd interessant om te sien, wat op landbougebied, elders, aan die gang is.
Gereeld, in die verlede, was daar een of ander opspraakwekkende gebeurtenis, wat die toneel oorheers het. Skynbaar gaan dit nou redelik rustig met die boere daar. Hoofopskrifte handel onder andere oor ´n suiwelboer wat drieling kalwers ryker geword het en nog een wat ´n nuwe, moderne melkstal in gebruik geneem het. As dít nou die hoofnuus is, dan is daar sekerlik van die boere wat kan reken dat dit baie vervelig moet wees, om daar, te boer.

tydskrif 1
Normale interessante artikels: Bestuur van weidings in die lente. Die gevaar van hondsdolheid en hoe om dit te beheer. Die identifisering van mastitis. ´n Hoërskool landbouprogram wat kan vrugte afwerp. ´n Projek waar Saanen melkbokke na Kenya gaan. ´n Oorskou oor die produksietoestande van die verskillende gewasse. Nog een wat die oog vang, Europese aktiviste wat die uitvoer van Kanadese perdevleis wil stop. ´n Artikel of twee oor die hantering van vee. Nog een oor die tekort aan arbeiders in die landbou. http://www.agristaffing.com is die webblad, waar avontuurlustige jong manne wat belangstel, dalk kan gaan loer. Dalk ´n manier om ´n voet in ´n deur daar te kry.

pad, tydskrif en son 013
Byvoegsels, met baie onderwerpe. Produksie gids vir beesboerdery. Koring nuus. Suiwelmaand. Tabelle met die prysbewegings van die belangrikse kommoditeite. Mielies, soja en kanola, onder andere.

pad, tydskrif en son 008

pad, tydskrif en son 006

Bladsye met foto´s van, op die oog af, byna nuwe plaasmasjienerie. Sommige lyk heeltemal te nuut om nou al vervang te word. Wonder nou, as mens, daarvolgens moet gaan, of dit nie baie voorspoedig gaan met die boere daar nie. Lyk nie of misdaad enige rol speel nie. G’n niks van misdaad nie, nie ´n enkele woord word daaroor gerep nie.

pad, tydskrif en son 016

pad, tydskrif en son 017
Was nou weer baie lekker om die papier van regte tydskrifte in die hand te voel, met die reuk van drukkersink in die neusgate.
Hasta la proxima